Liefde wat genees

God se liefde
God se liefde

Liewe kind
Ek verstaan die pyn van die verlede
Ek sien die hartseer
Wat agter daardie mooi glimlag van jou lê

Jy kan dit nie vir My wegsteek nie
Ek wil dit als vir jou beter maak
Sal jy asseblief begin om My te vertrou met die seer in jou hart
Met dit wat in jou geskiedenis lê?

Ek is die Een wat Sy Enigste Seun opgeoffer het vir jou
Ek is die Een wat jou oneindig baie liefhet
Sal jy, sal jy jou hart oopmaak
My begin vertrou?

Ek is nie soos al die ander mense wat jou seergemaak het nie sê Hy
Nou nog doen hulle dit
Ek is anders, Ek is die Heer
My Naam is Liefde, nie nimmereindige Pyn

Hoor jy die egtheid waarmee Ek vra
Besef jy hoe ernstig Ek is hieroor?
Liewe kind Ek wil
Ek wil so graag alles in jou lewe vir jou beter maak

Dis tyd dat jy al die seer van die verlede
En dit wat jou aangedoen is
Voor My Troon van Genade kom neerlê
Dis tyd, dis tyd

Liewe kind ons sal saam daardeur
Ek wil nie hê jy moet vir ‘n oomblik twyfel
Vat My hand en weet
Nooit sal Ek joune los

Dit help nie jy weier volstrek om ooit weer daaraan te dink
Dit maak die seer in jou nie gesond nie
Al wat dit sal doen
Is die groot liefde waarmee Ek jou bemin

Ek wil jou so graag gesond maak
Van die diepe seer in jou hart
Dit het lelike letsels gelaat
Al wil jy dit nie erken of in die oë kyk

Weghardloop daarvan help nie
Jy stel die onafwendbare net onnodig uit
As jy nie kom en kom genees
Gaan die duiwel aanhou om jou pyn teen jou te gebruik

Liewe kind
Ek wil jou hart so graag vul
Met My liefde, vrede
En ewige hoop

Maar dan moet jy
Kom, kom, kom
My begin vertrou om hierdie pad
Saam met jou te loop.