Liefdes-aas vir dieper-delf

Dis net die met ‘n honger in hulle hart
Wat regtig
Die meer en dieper in My
Ooit sal kan opspoor

Ja-nee sê Daddy-God
Ek verberg My dikwels vir ‘n rukkie
Gooi ‘n klippie in die bos
En kyk wie sal kom kyk

Ja
Wie sal kom kyk
Wie sal kom kyk
Na die ritseling in die bos?

Ek het al begin tone tel
Ek het al begin moeg word
Een en een maak twee
Een en twee maak drie

Oe Ek is al hoogs verveeld
Hoog sê Pappa-God
Ek weet nie
Dalk moet Ek die bos met ‘n hoop klippe bestook

Oe kinders
Sê Daddy-God
Ek sien julle
Ek sien julle verby die bos loop

Hoekom kyk julle nie op nie
Hoekom kyk julle nie op na waar Ek julle in oog hou?
Oe seblief kinders
Kyk op na My

Ja sê Daddy-God, ja
Julle is so verdiep in aardse goed
Julle sien nie eers meer
Waarmee Ek besig is

Oe My kinders
Ek wil julle vra, rerig
Begin My hoor
Vanuit die bosse waaragter Ek fluit

Ja Ek probeer julle aandag trek
Hard en duidelik
Maar al wat hoor
Is julle

Hoeveel duideliker sê Pappa-God
Moet Ek dit vir julle maak
Kind
Moet Ek jou op die skouer kom tik?

Oe Daddy-God se kind
Hoekom is dit so
Dat jy My met groot verbasing op die gesig
In die oë sal kyk

Ja verboureerd en verward
Sal jy dan om jou rondkyk
Jy sal sê, jy sal stotter
Waar, waarvandaan af kom U nou?

Oe Abba-God se kind
Ek sal sê
Ek wag vir jou
Ek is nog heeltyd hier

Nee My kinders
Julle weet mos tog
Dit is net niks lekker
Om met min-belangstellendes te speel

Ja-nee sê Pappa-God
Daai mense wat vir jou kyk
Maar jou nogsteeds nie eintlik sien
Want hulle gedagtes is alreeds op ‘n ander plek

Oe Abba-God se kind
Ek wil julle belangstelling op-wek
Met hierdie briefie wil Ek sê
Daar is soveel meer, sal jy ASSEBLIEF kom soek?