1.
Die Nuwe Jy #Ligter 60 dae-uitdaging bied inligting, menings en riglyne om gebruikers te help om gewig te verloor en ’n gesonde leefstyl te handhaaf.
2.
Hoewel die 60 dae-uitdaging deur kundiges saamgestel is, mag die inhoud nie as ’n plaasvervanger vir mediese advies van ’n gesondheidspraktisyn gebruik word nie.
3.
Voelgoed Media is nie ’n mediese organisasie nie en kan nie mediese advies gee of diagnoses maak nie. Jy moet altyd ’n gekwalifiseerde gesondheidspraktisyn raadpleeg voordat jy met enige gewigsverliesprogram begin.
4.
Jy mag nie die dieet volg as jy:
● swanger is,
● borsvoed,
● jonger as 18 is,
● ’n diabeet is,
● of aan enige ernstige siekte ly nie.
5.
Indien jy medikasie gebruik of aan enige chroniese toestand of ander gesondheidsprobleem ly, moet jy ’n geneesheer of gekwalifiseerde gesondheidspraktisyn raadpleeg voordat jy met die 60 dae-uitdaging begin.
6.
Indien jy enige chroniese siektes soos diabetes, hoë bloeddruk, verhoogde cholesterol, nier- of lewerprobleme, kanker, spysverteringstoestande, ’n geskiedenis van eetversteurings het, behoort jy eerder die hulp van ’n gekwalifiseerde gesondheidspraktisyn te verkry.
7.
Daar is geen waarborg dat almal se resultate dieselfde gaan wees nie. Geen verantwoordelikheid word geneem vir die resultate nie.
8.
Deelname aan die 60 dae-uitdaging geskied geheel en al op eie risiko, en jy neem volle verantwoordelikheid en aanspreeklikheid vir enige verlies of skade wat daaruit mag voortspruit.
9.
Carpe Diem Media en Voelgoed Media, hul geaffilieerdes, aandeelhouers, ampsbekleërs, werknemers, agente en konsultante aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige skade of nadeel wat op enige wyse voortspruit uit deelname aan die 60 dae-uitdaging nie.
Enige persoon wat vir die Nuwe Jy 60 dae-uitdaging inskryf, is onderhewig aan en stem toe tot die bepalings en voorwaardes.