Linda Kriel se resep vir detox water

0
1005
linda_kriel.jpg

Linda se detox water is heerlik op ’n warm somersdag. Water was nog nooit so lekker nie!

Of jy nou gewig wil verloor of net gesonder wil voel en lyk, een van die beste maniere om van die gifstowwe in jou liggaam ontslae te raak is om water te drink. As jy sukkel om baie water te drink, probeer gerus hierdie detox water, dit gee nie net 'n lekker smaak aan jou water nie, dit bevat amper geen kilojoules nie en dit is baie gesond. Maak dit in 'n groot beker of waterbottel en plaas dit oornag in die yskas. Drink 6 tot 8 glase per dag.

Resep vir detox water:detox_water.jpg

Sny die volgende in skyfies:

  • Halwe komkommer (bevat anti-inflammatoriese eienskappe)
  • Halwe suurlemoen (help jou om van gifstowwe ontslae te raak.)
  • Halwe pomelo (daar word beweer dat pomelo help met vetverbranding) of jy kan ander vrugte gebruik soos aarbeie, lemoene, bloubessies.
  • 'n Handvol kruisementblare (help met vertering)
  • Jy kan gemmer ook bysit as jy van die smaak hou. Gemmer help met vertering en verlig pyn.

Dit kan tot 3 dae in die yskas bly voordat jy nuwe vrugte moet gebruik