Linda Kriel: Só hanteer jy cravings

0
44
cravings.jpg

Wie kan nou nee sê vir sjokolade? Linda bieg oor waarvan sy te veel eet en hoe sy cravings hanteer.

Almal eet en drink 'n bietjie meer hierdie tyd van die jaar. Dit is nie nodig dat jy knaend skuldig voel nie. Dit gaan net 'n negatiewe uitwerking op jou toekomstige gewigsverlies pogings hê. Ontspan en geniet die feesseisoen, maar moenie oorboord gaan nie. Hier is 'n paar wenke:

1. Drink meer water as wat jy gewoonlik drink. Dis maklik om honger met dors te verwar. Drink 'n groot glas water 15 minute voor ete.

2. Vermy drankies wat baie suiker bevat. Dit is onnodige kilojoules en suiker beiinvloed jou bloedsuikervlakke, wat veroorsaak dat jy gou weer honger voel.

3. Wanneer jy onthaal, sorg dat daar altyd ook gesonde peuselhappies is. Los die skyfies en doopsouse vir die ander. Eet springmielies, rou neute, biltong en groente stokkies.

4. As jy meer eet, moet jy meer aktief wees. Speel saam met die kinders frisbee, stap baie en sien huisskoonmaak as oefening. Hoe meer aktief jy is, hoe minder gewig sal jy optel.

5. Alledaagse aktiwiteite is 'n geleentheid om oefening in te kry. Hier is 'n voorbeeld van 'n oefening wat jy vir jou bo-arms kan doen met jou inkopies in die hand:

linda kriel oefeninge linda kriel oefeninge

Hou jou sak kruideniersware in jou linkerhand, soos wat jy ʼn handgewiggie sou vashou, met die handpalm wat vorentoe wys. Arm is reguit. Hou jou elmboog in jou sy en bring die sak kruideniersware op in die rigting van jou skouer. Moenie jou elmboog oplig nie. Laat sak weer die sak deur jou arms reguit te maak. Doen 2- stelle van 15 – 20 herhalings met elke arm.

 

DEEL
Vorige artikelHelp, ek is nie lus vir seks nie
Volgende artikelPaasfees aktiwiteite vir die gesin
Hennie Stander
Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog.