Luister … na die stiltes!

Ek lees in The Music Shop van Rachel Joyce hoe die hoofkarakter se ma, Peg, vir hom van musiek leer.

Sy sê die belangrikste deel van musiek is die stiltes. Sy lê klem daarop dat die stilte voordat die musiek begin en die stilte aan die einde verskil. As hy vra hoekom, verduidelik sy dat dit is omdat die wêreld verander terwyl mens luister. (Lees dit weer: die wêreld verander terwyl mens luister!) Sy gebruik dan Beethoven se 5de simfonie om vir hom te wys dat daar ook stiltes in die middel van die musiek is.

Da da da dum. The sound crept out of the silence like a great beast emerging from the sea. Da da da dum.

‘Hear that?’ She lifted the needle.

‘What, Peg?’

‘You heard the little pause in the middle?’

‘Yes.’

‘You see?’ You see what Beethoven’s doing? There is silence inside music too. It’s like reaching a hole. You don’t know what will happen next.’

Dit is ‘n groot ding wat Frank se ma hom hier leer. Oor musiek en oor Beethoven, ja, maar ook oor die lewe. Hoe baie mis ons nie omdat ons die stiltes mis nie? Ons spring bo-oor die gate omdat ons dink ons MOET weet wat volgende gaan gebeur, en in die proses ontneem ons onsself van daardie asem-intrek oomblik voor die volgende jubelende akkoord. Ons steel die opwinding, die verrassings wat die lewe se komponis vir ons weggesteek het. O ja, al daardie verrassings is beslis nie lekker nie, en al die opwinding verseker nie positief nie. Maar die stilte vooraf sou dit dalk meer draaglik gemaak het. En die stilte agterna gee heelmaak-tyd.

Dié hoofstuk van The Music Shop eindig só: Silence was where the magic happened.

Sjjjjjjjt gou-gou. Luister!

Vorige artikelDehidrasie
Volgende artikelNa al die preke, waar is die deurbraak?
Blogger - Christa Grobbelaar
Christa Grobbelaar is ‘n mamma van twee volwasse dogters en ‘n juffrou van honderde. Sy en haar man, Willem, is albei onderwysers. Haar onderwysloopbaan het grootliks daaruit bestaan om vir kinders Engels te leer, maar haar graad in Sielkunde het altyd handig te pas gekom. Sy het na ‘n vroeë aftrede vir een semester in Thailand gaan skoolhou en doseer nou deeltyds Afrikaans en Engels vir onderwys- en joernalistiekstudente. In Thailand het sy met ‘n blog begin as teenmiddel teen die verlange na Suid-Afrika, maar geniet dit steeds om met die blog voort te gaan. Dié persoonlike blog, Christastories, is te sien by christainthailand.wordpress.com