LYNETTE BEER WEBINAAR 23 April 2020

Weet wie jý is
en verstaan ander mense beter

Mense verskil. Elkeen dink anders, doen anders en het ’n ander siening van pret, stres, besluitneming of hoe om dinge gedoen te kry. Stel jou voor hoe suksesvoller en gelukkiger ons sal wees as ons die insig het om onsself en ander te verstaan!

Aangebied deur Finesse Voelgoed Tydskrif
MENTORKLAS

Lynette Beer se WEBINAAR
Weet wie jý is en verstaan ander mense beter
wys jou hoe om jou persoonlike en professionele drome te bewaarheid. Die vier kleure en persoonlikheidstipes sal jou help om op alle gebiede van jou lewe uit te styg – van jou verhoudings tot jou loopbaan. As jy die webinaar WEET WIE JY IS EN VERSTAAN ANDER MENSE BETER bygewoon het, sal jy kan sê jy kén jouself. Jy sal verstaan hoe jou temperament werk en hoe dié van ander mense by joune aanhaak … of daarmee bots.

Gratis temperamenttoets ingesluit!
Ingesluit is ’n 15-minuut-toets wat jou oë oopmaak vir die vier basiese temperamente en die een wat by jou oorheersend is. Dit sal jou ook inspireer om meer te maak van jou sterkpunte en minder vas te val in die swakkeres.

DONDERDAG, 23 APRIL OM 19:00 (tot 20:30)
Slegs R69 per gesin

KOOP JOU KAARTJIE

Alhoewel dit ’n aanlyn werkswinkel is, is daar ’n beperkte aantal kaartjies beskikbaar.
Koop NOU om teleurstelling te voorkom!
Kaartjies kan net gekoop word tot Donderdag, 23 April om 16:00.

WEBINAAR-
kaartjie

R69

per gesin

Geldig tot Donderdag, 23 April om 16:00

LYNETTE BEER

se lewe is net so kleurryk soos haar boeke. Sy is ’n baanbreker in persoonlike ontwikkeling en korporatiewe groei. Lynette staan aan hoof van die maatskappy, Seeds of inspiration, wat motiveringspraatjies, opleiding en berading aan maatskappye, instellings en skole lewer. Sy is mede-eienaar van EQ4Kids, wat kinders se emosionele vaardighede help ontwikkel. Lynette is ook Finesse Voelgoed Tydskrif se verhoudingskenner. Carpe Diem Media is die uitgewer van haar twee nuutste boeke, Lewe in volkleur en Hoor God se stem. Koop Lynette se boeke, e-boeke en oudioboeke aanlyn by voelgoedboeke.co.za.

Oorsig van inhoud
WEET WIE JY IS EN VERSTAAN ANDER MENSE BETER

TOETS JOU TEMPERAMENT – 15-minuut-toets om vóór die webinaar te doen

EEN – Jy moet weet wie jy regtig is
TWEE – Watter kleur is jou temperament?
DRIE – Gewilde Geel se eienskappe
VIER – Rasende Rooi se eienskappe
VYF – Geruste Groen se eienskappe
SES – Besliste Blou se eienskappe
SEWE – Watter kombinasie is jou temperament?
AGT – Hoe lyk die pad na ’n lewe in volkleur?

Deelnemers kry ook tydens die webinaar die geleentheid om vrae aan Lynette Beer te vra!