Maak 2014 jou fiksste jaar ooit

0
27
fiks.jpg

Om ’n nuwe lewensstyl te begin en te handhaaf, hoef nie moeilik te wees nie. Hier is ’n paar wenke om jou te help om fiks te “dink” hierdie jaar.

  • Wees passievol! Passie vir oefening is die nommer een bestanddeel as jy fiks wil word.
  • Probeer iets nuut. Wees avontuurlik. Moenie altyd dieselfde oefeninge doen nie. Probeer Zumba of kettelbells of boksklasse.
  • Oefen slim. Moenie tyd mors wanneer jy oefen nie. Jou oefensessies kan korter wees, maar meer effektief.
  • Neem die regte “brandstof” in. As jy reg eet sal jy meer energie hê om harder te oefen.
  • Skryf jou oefenprogram neer en plak dit teen jou spieel. As jy jou eie rooster uitwerk en dit neerskryf is die kanse groter dat jy by jou voorneme gaan hou.
  • Raak fiks vir ’n doel. Skryf in vir’‘n 5 km pretdraf, of ’n bergfietsresies. Begin met kort afstande en vermeerder geleidelik. Dit is baie motiverend om te oefen as jy ’n doel het.
  • Wees positief. As die wíl nie daar is nie, gaan jy vinnig tou opgooi. Koester slegs positiewe gedagtes oor oefening en spreek dit uit. “Ek is mál oor oefening!”


Geskryf deur Linda Kriel
Volg Linda op Twitter by @linda_kriel