Maak aftrede jou bang?

1792

Aftrede is nie iets waaraan ons dikwels dink nie. Die statistieke wys dat minder as 3% van Suid-Afrikaners kan aftree sonder om hulle lewenstandaard drasties te verlaag.

Selfs meer kommerwekkend is dat vroue 82% minder aftreefondse het as mans, maar gemiddeld sewe jaar langer as mans leef.

Dis belangrik om te bereken hoeveel jy gaan benodig vir aftrede en dit gereeld te hersien. Stel dit as jou doelwit en kry ’n plan om daarby uit te kom.

Indien jy nie ’n pensioen- of voorsorgfonds het nie, belê in ’n uittreeannuïteit om die belastingvoordele te benut.

Weens inflasie en fondse wat nie optimaal groei nie, is ’n aftreefonds alleen dikwels nie genoeg nie. Sluit ook ander tipes bates wat addisionele inkomste kan genereer by jou aftredebeplanning in. Eiendomme wat huurinkomste inbring, effektetrusts asook besighede kan goeie opsies wees.

Ronel Jooste, finansiële afrigter