maak brood vet?

0
46

Male sonder tal hoor ek vroue wat se hulle sny brood uit hul dieet om gewig te verloor. En vir sommiges werk dit inderdaad. Die grootste probleem met brood is egter nie die kilojoules daarin nie. Want ’n sny brood het rofweg tussen 350 en 500 kJ, afhangende van watter tipe brood jy eet. Dis nie buitensporig baie nie. Wat egter wel saak maak is die volgende:

  1. Wat jy op die brood sit. ’n Dik laag botter en kaas verdubbel die kilojoules van ’n sny lag-lag. En as jy daardie broodjie sien as iets om vinnig te eet voor aandete omdat jy doodhonger is, gaan dit jou op die langduur laat gewig optel. Sien jou toebroodjie eerder as ’n ete.
  2. Lekker gesonde “broodetes” is ’n voedsame proteïen op ’n sny saadbrood. Hier is ’n paar idees:
  • baked beans met twee teelepels Trim mayonnaise en seldery stukkies
  • ’n hoenderborsie – fyn gesny met vars komkommer en roket blare met Light Yoghurt & Herb slaaisous
  • chunky laevet-maaskaas met twee teelepels heuning
  • silverside met mosterdsous en agurkies

NS hierdie vulsels is so lekker jy sal nie eers lus wees om botter of margarien op jou brood te smeer nie!

  1. My grootste issue met brood is egter dat dit jou nie lank versadig hou nie. Met ander woorde dit het ’n lae glukemiese indeks (GI).  Tot my skok het ek selfs agtergekom dat bruinbrood ’n hoër GI het as witbrood!  So as ek raad kan gee – eet eerder Sasko se Low GI saadbrood of Albany Low GI Seeded Brown Bread. Dit het wel effens meer kilojoules per sny as witbrood, maar dit het drie keer soveel vesel wat beteken die groot honger bly langer weg. (GI van 55). En as jy ’n bietjie proteïen daarby eet verseker jy dat jy eers teen middagete weer honger sal wees.
DEEL
Vorige artikelvrees vir mislukking
Volgende artikelvesel en lees
Geniet 'n eersteklas- aanlyn wêreld met dieselfde warm gevoel van 'n lekkerlees tydskrif.