maak ’n kopskuif oor jou regte

0
17
kopskuif.jpg

Baie vrouens het hierdie “siekte”, om altyd almal bo jouself te stel. So trek jy gereeld aan die kortste end en sukkel met gevoelens wat jou weer na kos lei…

Min mense verstaan hulle regte en stel altyd ander bo hulself. Inteendeel, hulle voel te sleg om reguit en eerlik te wees. Die oomblik as jy verstaan dat daar ’n kalm en mooi manier is waarop jy nog steeds by jou punt kan vasstaan, verander die hele prentjie. Besef ook dat jy mag besluit wat vir jou die beste is. Jy hoef nie altyd vir ander die beste te gee ten koste van jouself nie! Na ’n ruk sal jy te na gekom voel en kwaad wees vir jouself of die ander persoon.

Die gevoel dat niemand jou in ag neem nie vergroot, terwyl jy eintlik verantwoordelik is vir jouself, en uit frustrasie en selfbejammering eet jy! Begin vandag ’n kopskuif maak dat dit oukei is om soms eerste aan jouself te dink.