maak ’n verandering, al is dit moeilik

0
11
verander.jpg

Indien jy alles dieselfde doen as wat jy dit gister en eergister gedoen het, gaan niks in jou lewe verander nie! Om gewig te verloor moet jy bereid wees om drastiese veranderinge te maak of jy gaan dit nie regkry nie.

As jy nie oefen of hou van oefen nie, moet jy jou ingesteldheid en jou patrone verander. Om dit reg te kry moet jy ’n maand lank die nuwe manier volg al is dit vir jou hoe swaar of hoe sleg. Dit help as jy in die oggend opstaan en nie die vraag vra of jy sal oefen of nie, jy moet jouself nie ’n keuse gee nie.

Terloops, ’n halfgebakte oefen wat jy doen om jouself te troos, is nie goed genoeg nie. Gaan voluit! Oefen hard vir ten minste 40 minute. Endorfien (die voel-goed-hormone) word eers na omtrent ’n halfuur se harde oefen afgeskei as jy onfiks is. Byt vas en glo my – dit gaan beter word!