Maak oop jou hand en laat gaan

verhoudings

Me Before You!” Ek was vasgevang in die storielyn van die romantiese drama. Dit handel oor ‘n ryk man in sy vroeë dertigs, wat opeindig as parapleeg na ‘n ongeluk.

Hy word versorg deur ʼn lewenslustige jong dame. Sy doen alles om hom te oortuig dat ʼn genadedood nie ʼn opsie is vir sy voortdurende pyn en lyding nie. Wat begin het as ʼn besigheidstransaksie groei uiteindelik tot ʼn beperkte emosionele verhouding. En wat oënskynlik selfsugtig eindig met ʼn genadedood, is die begin van ʼn nuwe lewe.

Die temaliedjie, “Roots Before Branches” se video begin hartverskeurend wanneer ʼn verhouding beëindig word deur ʼn vrou wat op soek was na haarself. Sy wou haarself ontdek. Sy het geglo sy was gemaak vir meer. Haar hulpkreet is duidelik wanneer sy vra hoe ʼn mens kan reik na die sterre sonder vlerke. Sy gebruik ook die analogie dat daar eers wortels moet wees, voor die blare kom en ook eers saad in die grond, voordat ʼn roos kan groei. Die liedjie eindig waar hy ten spyte van sy pyn haar die vryheid tot selfontdekking gun.

ʼn Oulike tweedejaar-student vertel van haar jarelange skoolvriendin. Hulle was soos Dawid en Jonathan. Ten spyte van talle pogings om kontak te behou, het haar vriendin haar geïgnoreer en moes sy die pyn van ‘n vriendskapsverlies verwerk.

Die eerste verhaal getuig van ʼn man wat daarvan oortuig is dat hy onselfsugtig optree deur haar nie deur die pyn en frustrasie van ʼn beperkte paraplegiese verhouding te sit nie.

Die tweede verhaal, ʼn man, sonder selfsug. Wat ten spyte van sy intense liefde, haar die geleentheid gun om haarself te gaan vind.

Die derde verhaal getuig tot ʼn groot mate van selfsug. Wie wil dan ook eensydig baklei vir ʼn verhouding? Soms moet ons net laat gaan.

Verhoudings en talle ander dinge in die lewe maak seer, maar soos Benjamin Franklin gesê het: “Die dinge wat my seergemaak het, het ook van my ʼn beter mens gemaak.” Die lewe is ‘n balans van vashou en loslaat.

Vorige artikelDie eerste stap tot ’n voller beursie
Volgende artikel‘n Ma kry voete van ‘n ribbok…
Blogger - Lynette Beer
Lynette was ‘n direkteur in ‘n suksesvolle internasionale groep maatskappye waar sy verantwoordelik was vir bemarking en die persoonlike ontwikkelling van personeel. Sy het die temperamentmodel gebruik om ‘n nuwe produk saam te stel. In 2007 ontvang sy ‘n toekenning in haar industrie vir die mees suksesvolle besigheidskonsep en was bevoorreg om besigheidsaanbiedinge in Times Square, New York, sowel as in Londen te doen. Lynette Beer is ’n gepubliseerde skrywer van Carpe Diem Uitgewers met haar nuutste boek “Watter kleur is jou persoonlikheid” Sy het ook die “Presidential” toekenning verower by die Besigheidsvrou van die jaar funksie wat aangebied word deur die Nasionale Raad vir Sakevroue (SACBW). Besoek haar webwerf: www.lynettebeer.co.za.