Maak só jou eie kruie

0
275
spices.jpg

Om jou eie vars kruie te kweek en te droog is nie net lekker nie, maar sal jou baie geld spaar en jy sal altyd jou gunstelinge byderhand hê.

Nuttige wenke:

  • Pluk die kruie net voor dit blom, die geur is dan die sterkste.
  • Moenie kruie was voordat jy dit droog nie. Pluk na dit gereën het of spuit vooraf met ’n tuinslang af. Moenie in die son droog nie, want dit vernietig die essensiële olies.
  • Bind die kruie versigtig in bossies en hang dit dan onderstebo op. Jy kan dit ook op bruinpapier laat lê. Draai dit elke nou en dan om.
  • Die kruie is gereed om te stoor wanneer die blare kurkdroog is en maklik afval.
  • Stoor in donker, lugdigte glasbottels en skryf die tipe kruie en die datum op die etiket.