Maerder bo-bene in ’n japtrap

0
32
linda_kriel.jpg

Voor die winterkoue finaal aanbreek, het jy gou nog ’n kans om jou lyf reg te kry vir jou skinny jeans en boots.

Met hierdie oefening hoef jy nie meer bekommerd te wees oor bobene wat teen mekaar skuur as jy op die strand loop nie. Dié isometriese oefening werk anders as gewone oefeninge wat jou bene versterk: Dit werk diep en intensief, daar waar jy dit die nodigste het.

Druk jou bene na mekaar

Sit op die vloer met jou bene reguit voor jou uitgestrek en plaas jou voete weerskante van ’n stewige stoel of kas. Hou jou rug regop en jou hande langs jou boude. Knyp die kas tussen jou voete vas so hard as wat jy kan. Hou dit vir 30 tot 60 sekondes.

been_oefening_1_0.jpg

Lig jou hande op

Om dit meer uitdagend te maak, lig jou hande voor jou op en hou jou arms voor jou gevou. Op dié manier werk jou binnebene harder én jy betrek jou maagspiere. Hou jou maag ingetrek. Doen hierdie oefening twee of drie keer ’n dag, drie keer ’n week.

been_oefening_2_0.jpg

Strek

Strek elke keer tussen oefeninge om die spiere wat intensief saamgetrek was, te laat ontspan. Sit jou voetsole teen mekaar. Druk jou knieë sywaarts af na die grond toe en leun effens vooroor met jou bolyf. Voel die strek in die binnebene. Hou dit vir 10 tot 20 sekondes.

been_oefening_3_0.jpg

Deur Linda Kriel
Volg Linda op Twitter by @linda_kriel
Facebook: Kry Daai Lyf met Linda Kriel.