Maklike bobotie

0
5776
bobotie.jpg

Bobotie was nog nooit so maklik soos met Argilla se Oondbak nie. Betower jou gesin met hierdie dis.

Genoeg vir 6-8 persone
Tyd: 35 minute

BESTANDDELE
1 kg maalvleis
1 ui, gekap
1 sny witbrood
125 ml rosyne
15 ml appelkooskonfyt
15 ml blatjang
15 ml suurlemoensap
15 ml kerriepoeier
5 ml borrie
10 ml sout
250 ml melk
3 eiers
lourier- of suurlemoenblare

METODE
1. Meng al die bestanddele saam, behalwe die melk, eiers en lourier- of suurlemoenblare. Spuit ’n groot ovaal oondbak met kleefvrye kossproei en plaas die mengsel daarin.

2. Mikrogolf 10 minute op hoog; roer twee maal met ’n vurk in die kooktydperk.
3. Klits die melk en eiers saam en giet die melkmengsel oor die vleismengsel.
4. Voeg die blare by en mikrogolf 5 minute. Laat ’n rukkie staan. Sit voor saam met geelrys en slaai.