Maklike geroosterde varkboud

0
1826
varkboud.jpg

Genoeg vir 4-6
Tyd: 2 uur 15 minute

BESTANDDELE
2 kg gerookte varkboud
2 lourierblare
2 steranys-sade
15 ml peperkorrels
45 ml heel naeltjies

Vir die glaseersel
60 ml heuning
30 ml Engelse mosterdpoeier
30 ml bruinsuiker

METODE

  1. Plaas die varkboud in ’n groot pan, bedek met koue water en voeg die lourierblare, steranys-sade en peperkorrels by. Verhit tot dit begin prut, sit die deksel op en laat prut vir 1½ uur. Dreineer.
  2. Wanneer dit genoeg afgekoel het om te hanteer, verwyder die vel van die varkboud maar laat ’n laag vet bly. Gebruik ’n skerp mes en maak diamantvormige kepe in die vet. Druk ’n naeltjie in die middel van elke diamantvorm in.
  3. Verhit die oond tot 180 °C. Plaas al die bestanddele vir die glaseersel in die pan en verhit stadig tot die suiker opgelos het.
  4. Bestryk die varkboud ruimskoots met die mengsel. Plaas dit op ’n draadrak in ’n oondbraaipan met ’n paar eetlepels water op die bodem.
  5. Bak die varkboud vir 30-40 minute en bedruip met die glaseersel tot goudkleurig.

 

Resep en stilering: Leila Saffarian en Ilana Price
Fotograaf: Roelene Prinsloo
Met komplimente van Your Family