Maklike Kardio oefeninge vir 2014

0
63
kardio.jpg

Het jy al werk gemaak van jou voorneme om te oefen hierdie jaar? As jy twyfel oor watter oefeninge die beste is vir jou, onthou dat kardiovaskulêre oefeninge deel moet uitmaak van jou weeklikse oefenroetine.

Kardio verbeter jou hart- en longfunksies, hou jou fiks en verbrand vet . Dit hoef nie noodwendig stap, draf of fietsry te wees nie. Solank jy jou harttempo laat styg – sonder om totaal uitasem te raak – vir 30 minute of langer. As jy baie onfiks is, begin met 10 minute en vermeerder dit weekliks met 5 minute. Hier is ’n paar kardio idees wat jy kan kombineer om te sorg vir ’n interessante sessie.

  • Stap of draf om die huis ’n paar keer.
  • Gebruik ’n stoel om 20 keer te sit en staan.
  • Stap op en af van ’n trappie of ’n stel trappe vir 2 minute.
  • As jy ’n gang het, raak die vloer en stap/draf na die ander kant en raak weer die vloer. Doen dit vir 2 minute. Buig jou bene 90 grade wanneer jy die vloer raak.
  • Begin weer van vooraf en herhaal totdat jy lank genoeg geoefen het.


Geskryf deur Linda Kriel
Volg Linda op Twitter by @linda_kriel