Maklike Spaarwenke vir 2018

spaar

Die eerste maand van 2018 is verby. Januarie is gewoonlik ‘n moeilike en lang maand as dit kom by finansies.

Ons oordrewe besteding gedurende Desember kan ons soms lelik knyp vroeg in die nuwe jaar. Dit is egter geen rede om moedeloos te raak nie. Vra jouself af wat gaan jy beter doen in 2018 om finansiële stabiliteit en welvaart te skep.

Hier is ‘n paar maklike spaarwenke om mee te begin:

  • Kyk julle wel na al die kanale op TV of kan julle afskaal na ‘n goedkoper pakket met minder kanale?
  • Betaal jy getrou elke maand jou gimnasium-lidmaatskap maar gaan bykans nooit gimnasium toe nie? Oorweeg dit om jou gimnasium-lidmaatskap te kanselleer en skaf eerder ‘n oulike oefenapparaat of twee aan waarmee jy tuis kan oefen.
  • Hersien jou bankkostepakket jaarliks en vra vir jou bank of hulle meer koste-effektiewe pakkette beskikbaar het.
  • Maak seker jou huidige mediese fonds, lewensdekking en ongeskiktheidsdekking is die beste opsies vir jou en voldoen aan jou behoeftes. Maak veral seker jy is bewus van wat uitgesluit word op jou dekking en dat jy gemaklik is daarmee. Moenie huiwer om vir kwotasies te vra om met jou huidige dekking te vergelyk nie.
  • Dateer jou kort-termyn versekering vir jou huisinhoud en motors jaarliks op. Jy wil nie vir items betaal wat jy nie meer het nie. Jy wil ook nie hoor dat jou eis afgekeur word omdat jy vergeet het om jou polis op te dateer of omdat jou gespesifiseerde sekuriteitsvereistes (bv. alarm of elektriese heining) nie in ‘n werkende toestand was nie.

Kyk altyd uit vir geleenthede waar jy kan spaar, selfs al is dit net ‘n klein bedrag. Elke bietjie help en dit tel gou op. Hoe vinniger spaar ‘n gewoonte raak, hoe makliker word dit. As jy weer sien het jou Nuwejaarsvoorneme om te begin spaar bygedra om vir daardie spesiale vakansie of bederfie te betaal.  Mag 2018 ‘n jaar van finansiële stabiliteit en welvaart vir jou wees.

Gaan laai gerus ‘n gratis, kort e-boek af met nog nuttige spaarwenke:

http://financiallyfitlife.co.za/product/12-powerful-saving-tips/

Vorige artikel‘n Ma kry ‘n les in Engels…
Volgende artikelWonder Woman
Blogger - Ronel Jooste
Ronel Jooste is ‘n Geoktrooieerde Rekenmeester met meer as ‘n dekade se korporatiewe ervaring in die bank, versekering en beleggingsindustrieë. Huidiglik het sy haar eie finansiële welstand maatskappy genaamd FinanciallyFiTLife. As finansiële coach en konsultant help sy mense met hulle persoonlike finansies; besighede met hulle besigheidsfinansies en bied ook werkswinkels en finansiële welstandprogramme aan. Ronel het haar eie finansiële geselsprogram op All-Time Radio; sy skryf graag artikels vir verskeie publikasies asook haar eie blog; en tree as spreker op by geleenthede waar sy haar passie vir finansiële fiksheid deel. Saam met haar suster besit sy die PhysEQFiT Gastehuis en privaat gym in Centurion. Ronel is ‘n fiksheidsfanatikus en hardloop, gym, gholf en fietsry is deel van haar daaglikse leefstyl. Haar droom is om mense te inspireer om ‘n gesonde, aktiewe, gelukkige en finansieël welvarende leefstyl te leef. Besoek Ronel se webtuiste www.financiallyfitlife.co.za vir meer blogs, hulpmiddels en hoe Ronel jou kan help met persoonlike of besigheidsfinansies.