Maklike suikervrye resepte wat jou tong sal prikkel

0
96
diabetes_gesonde_kos.jpg

Hierdie suikervrye resepte is ook geskik vir diabete. Om jou gewig te beheer was nog nooit so smaaklik nie.

Kaas sampioene

Sampioene gestop met roomkaas, spek stukkies en ʼn bietjie knoffel, maak die perfekte voorgereg.

mushroom-resep.jpgBESTANDDELE:
13 sampioene
6g lae-vet roomkaas
2 eetlepels stukkies spek
1 eetlepel fyngemaakde knoffel
swartpeper vir smaak
1 eetlepel fyngemaakde uie
Spray & Cook

METODE:
1. Vee jou sampioene af met ‘n skoon, droë lappie. Sny die sampioen se stingels af en maak dit fyn.
2. Spuit ʼn bietjie Spray & Cook in jou pan voordat jy dit op die stoof verhit. Nou kan jy jou fyngemaakte sampioenstingels, knoffel, uie en spekstukkies gaar maak. Sodra dit deurgekook is, kan jy dit eenkant sit om af te koel.
3. Meng dit nou met jou roomkaas en swartpeper.
4. Nou kan jy jou sampioene vul met jou roomkaasvulsel. Spuit ʼn bietjie Spray & Cook op jou bakplaat voordat jy jou sampioene in die oond sit.
5. Bak in die oond vir so 20min teen 180⁰C

Volgraan eiertoebroodjie

Hierdie toebroodjie is ideaal vir ʼn groot ontbyt, middagete of selfs aandete. Dit is een van die beste en maklikste resepte wat jy kan kry.

gesonde_brood_0.jpgBESTANDDELE:
2 groot eiers
2 eetlepels gerasperde kaas
2 eetlepels vars salsa
2 eetlepels gesnyde uie
2 snye geroosterde volgraan brood
gesnyde avokado (opsioneel)
spek (opsioneel)

METODE:
1. bak jou eiers vir 2 minute aan elke kant (Dit hang af hoe gaar jy dit wil hê). Jy kan nou jou gerasperde kaas daaroor sit. Wag vir dit om te smelt voordat jy die pan van die stoof afhaal.
2. Sodra jou eiers gaar is, kan jy dit op jou broodjie sit saam met ʼn bietjie salsa, uie en avo.

Hoender, pere en bloukaas

Hierdie resep gee jou tradisionele hoenderborsies ʼn baie unieke smaak.

foto_3_2.jpgBESTANDDELE:
1 eetlepel meel
1/2 teelepel sout
1/4 teelepel varsgemaalde swartpeper
2 groot ontbeende hoenderborsies sonder vel
2 eetlepels olyfolie
1 groot gesnyde ui
1 sakkie spinasie
2 opgesnyde pere
appelsap
gekrummelde bloukaas

METODE:
1. Meng die meel, sout en peper in ‘n bak. Vryf hierdie mengsel oor elke hoenderstukkie.
2. Verhit die olie in ‘n groot pan. Voeg die uie by en kook vir 5 minute tot ligbruin. Voeg dan die pere by en kook vir 3 minute tot ligbruin. Voeg die spinasie by en kook vir 1 minuut.
3. Verhit die oorblywende eetlepel olie in dieselfde pan. Kook die hoender totdat dit bruin is. Voeg die appelsap by tot kookpunt. Verlaag die hitte op die stoof en los vir 5 minute, of totdat die sous met die helfte verminder.
4. Plaas die hoender op die spinasie mengsel en sprinkel met kaas.