Mamma moet nie vir haar ‘n pop koop…

“Kom ons gee ons dogtertjies meer opsies en spoor hul aan om groter te droom, verder te bereik en meer krities te dink…”

In die era waarin ons leef is daar toenemende bewustheid van die sosiale en omgewingsimpak van die goedere wat ons koop. Danksy die feministiese herlewing is meer en meer ouers bewus van geslagsgeregtigheid wanneer hul speelgoed koop. Gewoontlik was dit vanselfsprekend dat dogtertjies ‘n pop kry en seuns kry dan ‘n aksie figuur of ‘n motor of selfs ‘n geweer… Baie ouers koop dit nog steeds sonder om regtig daaroor te dink.

Studies bewys dat speelgoed wat met meisies geassosieer word, meer geneig is om ander te dien en agter ander te kyk, terwyl speelgoed wat met seuns geassosieer word, meer geneig is om dinge te bou en kompetisie aan te spoor.

Die voortdurende realitieit van die saak is dat ons as ouers … as moeders… as susters… in “alles” bewus moet wees oor vroue begagtigheid. Of dalk dink jy dus net ‘n pop? Die prentjie dat ‘n vrou slegs kinders kry, hul groot maak en na die huis om sien… al is wat haar toekoms in hou? Dit is oor en oor bewys dat ons tot meer in staat is. En ja, daar is vrouens wat kies om daardie padtjie te stap en verkies om ‘n “huisvrou” te wees… maar laat dit liewer een opsie wees (uit miljoene) en nie net die enigste opsie nie.

In ons gemeenskappe word soveel jong dames op laerskool swanger asof dit normaal is? Dalk moet ons die realiteit van wat ‘n vrou tot in staat is verander… Laat ons dogtertjies uitsluitlik vir meer geslagsneutrale speelgoed soos ‘n dokter se stel, boeke of boublokke kyk. Laat hul weet dat die moontlikheid vir ‘n vrou om eendag Suid Afrika se president te kan wees, nie ontmootlik is. Dink daaraan…

Daar is die afgelope dekades groot veranderinge vir vroue in terme van indiensneming, met vroue wat buite die huis in betaalde werk verhuis op maniere waarop hul oumas en selfs hul moeders net kon droom. Dus belangrik dat ons dit in alle opsigte onthou, respekteer en aanmoedig.. selfs deur die koop van speelgoed.  Vrouens kan ingenieurs, besigheids eienaars, rekenmeesters, dokters,  prokureurs ens word… die lys in oneindigend… Sê dit daagliks vir jou dogter. Spoor haar aan om op ‘n jong ouderdom “speel speel” otonomie oor haar toekoms te neem. Kom ons gee ons dogtertjies meer opsies en spoor hul aan om groter te droom, verder te bereik en meer krities te dink.

DEEL
Vorige artikelDie biologiese mamma van ons kinders ❤
Volgende artikelWare liefde verafsku wat God verafsku
Blogger - Diana Robertson
Diana Robertson het ‘n B Ed Honneursgraad in Onderwys behaal en is tans besig met ‘n Meestersgraad in Opvoedkunde aan die Univesiteit van Johannesburg. Diana is ‘n trotse Ambassadeur vir Afrikaans http://www.afrikaans.com/deel/ambassadeurs/diana-robertson en het by die Afrikaanse Taalraaad se bekroningsgeleentheid in 2017 ʼn Kokertoekenning ontvang vir die bevordering van Afrikaans. Diana is baie passievol oor lees en het ‘n liefde vir skryf. Diana is ook as Mev Afrika 1st Prinses 2018 gekroon en gebruik die geleentheid om ‘n stem te wees vir die bemagtiging van vroue. Instagram: lady_diana101 Twitter: @MrsDiana101