Mandi Baard se babatee foto’s

0
54
mandi_baard_0.jpg

Na tien ooievaarstee’s wat Mandi al gereël het, sou mens seker kon sê sy was ’n ekspert teen 13 April 2013 toe haar beurt uiteindelik aangebreek het.

Mandie_Baard_baba_1_0.jpg “Hier is ek saam met my twee mammas. My ma Magda (links) het soos alle belangrike geleenthede in my lewe van die Kaap af deurgevlieg om die ooievaarstee te kon bywoon. Aan die regterkant is my skoonma Bessie Baard. Jeandré se kamer het ’n skeepstema en almal moes ook so aantrek. My vriendin Heloise het die fotohoekie gemaak.”
Mandie_Baard_baba_2_0.jpg "Michelle Beling, wat saam met my as Candy in Egoli gewerk het en op die dag van Jeandré se geboorte met my hospitaal toe gejaag het, was natuurlik ook daar. Saam met ons is haar elfjarige dogtertjie Bella-Mae. Michelle is nou weer swanger met ’n dogtertjie!"
Mandie_Baard_baba_3.jpg "Ek en 'n paar naby-vriendinne: Heel links is dit Minette; Nadia; voor langs my Yolandi; agter links El-anne en Heloise. Ek moes onder andere vrae oor babas antwoord. As ek dan verkeerd was, moes ek Purity eet."
Mandie_Baard_baba_4.jpg

"Op hierdie foto is dit meestal familie: Heel links is dit Schalk se tannie Marietha, niggie Yolandi, ekke (soos julle kan sien), moederlief-Magda, Schalk se skoonsus Caryn en heel regs niggie Lize wat al die pad van George gekom het om die okkasie by te woon. Daar was seker 80 vroue dié dag. In ’n stadium het elkeen van ons na buite beweeg waar ons heliumballonne saam in die lug opgestuur het terwyl ons vir Jeandré gebedjies opgesê het."

 

Mandie_Baard_baba_5_0.jpg

"Ek word skoon hartseer as ek na hierdie foto's kyk en besef hoe geseënd is ek om sulke wonderlike mense in my lewe te hê. Een-en-twintig mense na aan my het elkeen ’n jaar gekry waarin Jeandré verjaar tot en met sy mondigwording. Hulle moes ’n boodskap vir daardie spesifieke lewensjaar skryf. Hulle het toe ’n tydkapsule gemaak en ek moet vir Jeandré op elke verjaarsdag daardie betrokke verjaardag se kaartjie lees. Is dit nie só spesiaal nie?"

In die eerste ry van links: Michelle, Rienie, Jackie, Celeste en Selmarie
Tweede ry van links: Sunet, WIlmien, Nadia, die uwe en Heloise.
Derde ry agter: Stefanie, El-anne en Lenandi

Mandie_Baard_baba_6.jpg Een van Jeandré se talle besonderse geskenke was ’n reuse-skilderdoek waarop alle gaste hul vingerafdrukke moes maak. Dié hang nou in sy kamer.
Mandie_Baard_baba_7.jpg Kyk, aan kreatiwiteit ontbreek dit nie! Nog ’n geskenk was hierdie albums waarin elke gas ’n kaartjie met foto’s, ’n boodskap en gebed vir Jeandré gemaak het.