MansGenoeg! manne-oggend

Tema - HARDLOOP JOU EIE WEDLOOP!

’n Man kan nie probeer wees wie sy ouers, baas of vriende wil hê hy moet wees nie. Hy moet getrou bly aan wie God wil hê hy moet wees! Finesse en Laeveld Agrochem se MansGenoeg!-funksie met die tema Hardloop jou eie wedloop!, is nét wat ’n man nodig het om sy God–gegewe drome waar te maak.

Aanlyn-kaartjie

Donderdag 8 Julie | 19:00 – 21:00
Indien jy nie op die spesifieke tyd kan inskakel nie, sal jy ’n skakel ontvang om dit binne ’n maand te kyk.

Vadersdag pakket

Donderdag 8 Julie | 19:00 – 21:00
Indien jy nie op die spesifieke tyd kan inskakel nie, sal jy ’n skakel ontvang om dit binne ’n maand te kyk.

+

Wouter Snyman se webinaar-opname Werk slimmer met jou geld! (R149)

+

Die e-boek MansGenoeg! (R109) ingesluit!

+

Die oudioboek Jou tyd is nóú (R99) ingesluit!

AANLYN

R79

R99

AANLYN:
* R79 per skerm

* Geldig tot Woensdag 7 Junie

KOOP NÓÚ:

Méér oor die Vadersdag pakket

MansGenoeg! om met jou seun oor geloof te gesels [e-Boek]

Gesprekke vir pa’s en seuns

Leer by pa’s soos Jannie Putter, Wouter Snyman en Michael Mol die waardes wat jou seun sal help om geestelik standvastig te wees – geloofswaarhede soos die belangrikheid van hegte verhoudings, geestelike leierskap en die rol van die pa. Pa’s het ’n Godgegewe rol om hulle families te beskerm en te versorg. Hulle streef ook daarna om hulle seuns lewenslesse en -wyshede te leer sodat hulle eendag eerbare mans sal wees.

Wouter Snyman se webinaar-opname Werk slimmer met jou geld!

Wouter Snyman help jou om die volgende aan te spreek:


1. Waar is ek, waar wil ek wees, en hoe kom ek daar?
2. Spandeer minder
3. Hoe kan ek meer verdien?
4. Bestuur jou geld (nie andersom nie).
5. Beheer jou toekoms: lang termyn en kort termyn.
6. Beplan en spaar: beleggings en aftrede.
7. Skep jou eie welvaart, jou
gewaarborgde plan tot sukses
8. Die toekoms van jou rykdom, in jou hande…

Jou tyd is nóú [Oudioboek]


Die oudio-opname van die #EKWILEKKANEKSAL-konferensie

Dis maklik om jou frustrasies jaar na jaar oor te dra, dis egter nie die tyd om terug te sit en met gevoude arms te wag vir beter dae nie. Jou tyd is nóú sal jou inspireer, motiveer en jou manier van dink verander.Ontdek die geheime van suksesvolle lewensafrigters soos Lynette Beer, Gustav Gous en Nadia Beukes.
Kry beheer oor jou gedagtes en emosies, verbreek slegte gewoontes, glo in jou vermoë om doelwitte te bereik, en dink soos ’n kampioen!

Die MansGenoeg!-funksie
word geborg deur
Laeveld Agrochem en Epimax man

Méér oor MansGenoeg!

Die roete van ’n man se wedloop is deur God uitgelê en dit lyk nie dieselfde as die man langs jou s’n nie.

Ongelukkig probeer ons soms om iemand anders se wedloop te hardloop, maar ons kom gou agter dat dit nie so ’n goeie idee is nie.

Mense vertel maklik vir ander hoe om hulle lewens te lei, wat om te dra, watter kar om te ry, hoe om jou kinders groot te maak en selfs hoe om jou geld te spandeer …

As jy die besluit neem om jou eie wedloop te hardloop sal God jou help om te kom waar jy moet wees.

Partykeer maak omstandighede dit moeilik vir mans om te wees wat God wil hê hulle moet wees. Maar ten spyte van terugslae, mislukkings en druk, kan jy steeds betekenis vind en die rigting inslaan waarheen God jou geroep het.

By die MansGenoeg! manne-oggend sal jy raad kry by mans wat al lang en moeilike wedlope gehardloop het en oorwinning gesmaak het.

Sprekers sluit die voormalige Springbok-agsteman Pierre Spies, lewensafrigter Jannie Putter, sakeman Wouter Snyman, én die entrepreneur en skrywer Wilco Naumann in.

Sprekers

Ambassadeurs

NAVRAE

Stuur ‘n epos na [email protected]
of bel 016 018 0243 (Kantoorure)
V&A