Marciel Hopkins – Lief jóú lyf [Webinaar]

Tema - Lief jóú lyf

Ons almal is ons eie ergste kritikus. Dit is so maklik om ons foute uit te wys sonder om te besef dat ons eienaardighede ons maak wie ons is. Ontdek hoe liggaamspositiewe aktivis Marciel Hopkins haar selfbeeldkwessies oorwin het en nou ander inspireer om hulleself lief te hê.

Webinaar

Early bird R99 R149 per skerm

Woensdag 2 Maart | 19:00 – 21:00

Indien jy nie op dié spesifieke tyd kan inskakel nie, sal jy ’n REPLAY-skakel ontvang om op jou EIE TYD binne ’n MAAND daarna te kyk – jy moet net nóú registreer!

Méér oor die webinaar

Baie vroue hou nie van hulle liggaamsbeeld nie – hulle gewig, vel, hare of ’n sekere liggaamsdeel.

 

Jou liggaamsbeeld is egter meer as wat jy in die spieël sien. Die media, jou portuurgroep en familie kan jou liggaamsbeeld selfs van kleins af beïnvloed deur jou

te laat glo daar is ’n “ideale” liggaam.

 

Liggaamspositiwiteit is om lief te wees vir jouself en ander ongeag fisieke voorkoms. Dit bevorder self-positiwiteit, aanvaarding en gesondheid. Dit fokus op mense se sterkpunte en ander eienskappe wat nie fisiek van aard is nie.

 

Marciel Hopkins, aanbieder van die geliefde TV-reeks Boer Soek ’n Vrou, het ’n BA graad in drama en ʼn honneursgraad in sielkunde.

 

Sy was een van die top-12 in die Mej. Suid-Afrika-kompetisie. En dis juis haar transformerende gewigsverliesreis wat haar gelei het om ’n motiveringspreker te word wat passievol is oor selfliefde, liggaamsaanvaarding en persoonlike groei.

Glo dit: Jou lyf is nóú reg vir goed voel

Ons kan vir ’n leeftyd voor die spieël staan en wens ons het anders gelyk. Maar jy verdien om gemaklik en trots te voel oor die liggaam wat jy nou het! Die enigste persoon wat ooit dit vir jou kan verander, is jý! Laat gaan jou foute, verhoudings wat nie uitgewerk het nie en oomblikke wat jy sou oordoen as jy kon. Dit dien jou nie om aan die verlede vas te hou nie. Doen die nodige werk om die dinge te laat gaan wat jou terughou. Jy verdien om te floreer en vry te wees! Liggaamsvertroue gaan nie daaroor om die dunste, mooiste of beste geboude vrou te wees nie – dit gaan daaroor om goed te voel in jou eie vel. Gryp enige seisoen op enige ouderdom aan om te floreer en blom tot jou volle potensiaal.

Dink nuut oor dieet en oefen en vertrou jouself

Baie van ons wil ’n eetplan saam met ’n oefenplan hê, maar ’n dieet of ’n uiteengesitte eetplan werk nie vir die meeste vroue nie. Ons moet leer om onsself en ons instinkte te vertrou, vreugde te vind in eet en onsself te voed. Ons kan nie ’n vol lewe op ’n leë maag leef nie. Ons lewe is besig en ons streef konstant na ’n balans tussen werk en lewe; dus behoort oefening lekker te wees. Dis ’n viering van wat jou ongelooflike lyf kan doen, nie ’n straf vir wat jy geëet het of ’n lae selfbeeld nie. Kry ’n manier om te beweeg en maak dit jou eie. Maak dit vir jóú werk! As jy regtig daarop fokus om goed te voel, sal jy jou lewe op grootsheid rig. Geniet jouself en voel goed oor die feit dat jy kan beweeg en skud.

Moenie jouself en die lewe so ernstig opneem nie!

Dit is belangrik om jou doelwitte te bereik soos jy groei en ontwikkel, maar dit is ook noodsaaklik om pret te hê. Die lewe, verhoudings en jou loopbaan hoef nie áltyd pret te wees nie, maar dit kan ook nie 24/7 neerdrukkend wees nie. Ons moet leer om oor onsself te kom wanneer dit kom by selfvertwyfeling en oordink. Om ’n perfeksionis te wees, kan na sukses lei. Maar dit kan ook lei na ’n gebrek daaraan om prestasies te vier, want jou gedagtes dink altyd aan maniere hoe jy volgende keer kan verbeter … Sal ons ooit waarlik volmaaktheid kan bereik? Dit is bevrydend om te besef volmaaktheid is ʼn onrealistiese doelwit. Jy stel jouself op om iets onbereikbaar te bereik. Fokus eerder daarop om met genade te misluk, jou eie stem te besit, van ander te leer en goed te wees vir jouself.

Besluit … en begin dan om nuwe dinge te dóén

Voel jy dikwels vasgevang in jou eie gedagtes wat jou uitgeput laat voel? Dit kan soveel tyd en potensiaal mors. Dit is belangrik om dinge te deurdink wanneer jy groot lewensbesluite neem, maar dit is noodsaaklik om aksie te neem wanneer die besluit geneem is. Ons gaan dikwels nie vir wat ons wil hê nie. Maar jy moet êrens begin, selfs wanneer jy nie dink jy is reg nie. Begin net! Dit maak nie saak hoe groot of klein jou eerste tree is nie – dit is ’n mind over matter-situasie. Die meeste vroue sukkel met wat “ander” mense sal dink. Herinner jouself daaraan dat “ander” mense nie tyd het om oor jou of waarmee jy besig is, te dink nie, want hulle is te besig om hulle eie lewe te lei. Ons gee te veel mag aan “ander” mense se opinies. Maak dit regtig saak?

Wees bedag op hoe jy praat en stel grense

Dink aan jou geestesruimte as ’n tuin. Dit waarmee jy jou gedagtes volmaak, sal aan die einde van die dag floreer en groei. Moenie toelaat dat slegte gedagtes jou goeie vibrasies binnedring nie. Dit is nie altyd maklik wanneer dit by familie, vriende en kollegas kom nie. Daarom moet ons die kamer kan beïnvloed as dit kom by energie wat ons negatief beïnvloed. Dit is belangrik om die toon aan te gee van die gesprekke wat ons wil voer – rig dit op die manier wat jy dit wil hê. Wanneer mense om jou skinder en heeltyd op negatiewe gespreksonderwerpe fokus, wees vurig om die energie in ’n ander rigting te stuur. Stel gesonde grense met mense. Wees duidelik oor die dinge waaroor jy sal praat. Wees ook reguit oor waarna jy bereid is om te luister. Marciel Hopkins se Lief jóú lyf WEBINAAR is vir jou as jy probeer om jou liggaamsbeeld en selfvertroue te verbeter, maar sukkel. Ná ’n leeftyd se worsteling met liggaamsbeeld en min selfvertroue, het sy ’n laagtepunt bereik. Sy was vasbeslote om uit te vind wat werklik werk om selfvertroue te verbeter en wat nie. Deur haar eie ervaring en deur met kliënte te werk, het Marciel liggaamsbeeld, iets wat abstrak en moeilik is om te verstaan, in ʼn uitvoerbare proses verander. Met soveel verwarrende boodskappe oor gewig en vorm kan dit ook vir ouers moeilik wees om te weet hoe om hulle dogter die beste te ondersteun terwyl sy deur adolessensie beweeg. Lief jóú lyf sal tienermeisies stap-vir-stap help om te sien waaraan hulle moet werk om hulle selfvertroue en liggaamsbeeld te verbeter.

Aanbieder

NAVRAE

Stuur ‘n epos na navrae@voelgoedwinkel.co.za
of bel 016 018 0243 (Kantoorure)
V&A