[VIDEO] Margit se boodskap

0
331

“Tyd is die een ding wat jy nie kan vasvang nie. Ons almal smag na meer daarvan, maar selfs die mense met baie geld kan nie nog daarvan koop nie. As iemand net tyd kon verpak, of dit nou in ’n buisie of ’n boksie of ’n bottel is, sal ek grootmaat koop en my spensrakke boordensvol pak vir die maer jare.

Ek gaan vanjaar voluit aanpak en elke lag, giggel en glimlag bottel. Daar is mos gereeld tyd om lekker uit jou maag te lag – vir ’n kleuter se manewales, vir die dom dinge wat mense aanvang en veral vir jouself.”

Kyk Margit se video oor voluit leef.