Maria

Die afgelope fees tydperk het ek myself gevind dink aan Maria en die pad wat sy moes stap om swanger te wees met Jesus.

Siende dat ek ook tans swanger is met n seuntjie wonder ek hoe sy moes voel om te weet binne in haar dra sy die seun van God. Ek wonder of sy ook soms heeltemal ongekwalifiseerd gevoel het om die seuntjie groot te maak en of sy ook tye gehad het waar sy gesit het en wonder oor watter uidagings vir haar wag. Ek wonder of sy gedroom het oor die pad wat hy gaan stap en hoe sy hom gaan groot maak om die werk te vervul wat God vir hom beplan het.

Ons het die jaar vir die eerste keer n advent kalender gekry vir ons dogtertjie en elke dag voor ons die deurtjie met die verrassing oop gemaak het ‘n stukkie van Jesus se geboorte storie gelees. Ek moet bieg, dis die eerste keer wat ek die storie van Jesus se geboorte in soveel detail deur gelees het in baie jare en dit was weer so ‘n wonderwerk storie vir my. Ek verbeel my hoe moeilik dit moes wees om swanger te wees sonder om elke maand vir ‘n scan te moet gaan, wat nog te praat van ‘n 4D scan om te sien hoe lyk die baba se gesiggie. Daar was nie swangerskap vitamines nie, daar was nie H&M winkels waar sy mooi rokkies kon koop vir haar groeiende magie nie, en mense was nie saam met haar opgewonde oor die swangerskap nie, hulle het eerder gedink sy het die baba in skande verwek. Tog, het sy alles oor gegee vir God en vir Hom gesê soos Hy wil. Sy het lofliedere gesing tussen deur alles wat sy moes deur gaan en sy het nie bekommer om geboorte te gee aan haar baba in ‘n privaat kamer in ‘n privaat hospitaal nie.

Ons (ek) kan soveel by Maria leer oor geloof, geduld en dankbaarheid gedurende swangerskap en hoe ons moet glo dat God ons spesifiek gekies het om die mamma te wees van ons kinders want net soos sy kan niemand anders daardie kind groot maak soos wat ons kan nie. Mag ek die geloof en dankbaarheid van Maria ervaar soos ek reg maak vir my eie seuntjie van God.

Vorige artikelHoekom vas?
Volgende artikelOnvoorwaardelike liefde
Blogger - Izelle Joubert
Ek is ‘n mamma van 'n vrye gees en lawwe dogtertjie van drie jaar oud en het 'n passie vir skryf en ma wees. Nadat die Here my hart aangeraak het om die korporatiewe wêreld en gejaag te veruil vir ‘n deeltydse werk, het ek my passie vir skryf herontdek. Ek het 'n honeurs graad in Bedryfsielkunde en is 'n geregistreede Psigometris by die HPCSA, maar die mees vervullende werk vir my is dié van vrou en ma wees. Ek is al 9 jaar getroud met Donavan en ons het wortels geskiet in Kempton Park. Ek het 'n hart vir ander mammas omdat dit ‘n lekker, maar moeilike taak is. Ek is baie lief vir die Here en is mal oor die talent van skryf wat Hy vir my gegee het. Sodoende wil ek graag eerlik met mamma’s kan praat oor die moeilike en lekker dele van mamma wees, niemand is die perfekte ma nie en ons almal kan by mekaar leer.