Marokkaanse hoender

0
763

4 porsies

BESTANDDELE

1 groot ui, gekap
3 knoffelhuisies, fyngekap
280 ml hoenderaftreksel
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
4 ontbeende hoenderborsies, in die lengte halveer
1 x 410 g-blikkie gekapte tamaties
10 ml fyn kaneel
5 ml fyn gemmer
1 x 125 g-pakkie gedroogde appelkose, gekap
1 x 70 g-pakkie ontpitte pruime, gekap
400 g koeskoes
15 ml heuning
1 bossie vars koljanderblare, gekap
200 g ongegeurde jogurt

METODE

1. Meng die ui, knoffel en hoenderaftreksel in ’n swaarboomkastrol en geur na smaak. Verhit tot kookpunt en laat die mengsel vir 5 minute kook of tot dit met die helfte afgekook het.
2. Voeg die hoender, tamaties, kaneel, gemmer en gedroogde vrugte by. Verhit weer tot kookpunt, verlaag die hitte en bedek die kastrol. Laat die hoender vir ’n uur baie liggies prut. Roer af en toe.
3. Maak die koeskoes gaar volgens die aanwysings op die verpakking en hou eenkant.
4. Roer die heuning en koljanderblare deur die hoender en laat dit vir ’n verdere 5 minute kook.
5. Bedien die hoender saam met die koeskoes en ongegeurde jogurt.