Meer oefening, beter seks

0
63
seks_menopause.jpg

Ná ouderdom 45 is die kans goed dat jou seksdrang kan afneem as gevolg van die menopouse wat begin intree.

Met al die veranderings in jou liggaam na 45, soos warm gloede, geïrriteerdheid, spanning en terneergedruktheid, is dit geen wonder dat ’n vrou se seksdrang begin kwyn nie. Oefening speel ’n uiters belangrike rol om hierdie oorgang makliker te maak en die simptome te verlig.

  • Dit bevorder jou bloedsirkulasie, wat jou seksdrang stimuleer.
  • Dit verhoog die endorfiene in jou liggaam, wat stres en depressie verlig.
  • Dit knap jou spiere op en maak jou sterker, wat jou sommer baie meer sexy laat voel.
  • Dit maak jou meer aktief en verbeter jou selfbeeld. Dit beteken meer selfvertroue in die bed!