Mej. Dowe Suid-Afrika speel kitaar

0
51
vicki_fourie.jpg

Vicki Fourie wys ons hoe sy met haar kitaarlesse vorder, al is dit nou eers ’n jaar dat sy kan hoor.

 

lyn_3.png

Op 24 het ek die eerste keer my stem gehoor

26 Augustus 2013. Ek is 24 jaar oud en binne die volgende paar minute gaan ek vir die eerste keer my eie stem hoor…

Ek hou van skryf en ek gaan seker nog baie oor hierdie dag skryf, maar eintlik het ek nie woorde op papier nodig om dit te onthou nie. Elke detail van daardie koue, reënerige Maandagoggend is in my geheue ingeëts. Tot op my sterfbed sal ek my kleinkinders daarvan kan vertel.

Daar was ’n tyd wat ek kon hoor. Eintlik net vir die eerste ses maande van my lewe voor ek as baba koors gekry en gehoorverlies opgedoen het. Maar wat kan ’n mens nou ook onthou van toe jy ses maande was? Miskien is die klanke wat ek dink ek kan hoor ook net my verbeelding. Dit is tog immers wat gehoor is: golwe wat na jou brein gestuur word en wat dan deur jou brein as sekere klanke geïnterpreteer word.

Om ’n kogleêre inplanting te kry is nie so ’n maklike besluit nie, want daar is altyd ’n kans dat jy die bietjie gehoor wat jy wel het, gaan verloor. Eintlik is hierdie die eerste groot besluit wat ek alleen as ’n volwassene gemaak het. Wat as dit nie werk nie? Dan is die bubble waarin ek al so lank leef dalk permanent daar tot die dag van my dood.finesse_tydskrif_0.jpg

Lees hoe die gawe van gehoor die voormalige Mej. Dowe Suid-Afrika se hele lewe verander het. Van praise and worship tot waarop sy fokus wanneer sy na mense luister.

Die volledige artikel is nou beskikbaar in die September FINESSE, of kry jou eie e-Finesse om gerieflik te lees op jou tablet, slimfoon of rekenaar.