Mense stel ‘n mens teleur

0
269
Bill Cosby

Bill Cosby, bekende akteur en komediant, was ʼn gewilde spreker by openbare geleenthede, en sy toesprake het altyd ʼn morele inslag gehad.

Bill Cosby, bekende akteur en komediant, was ʼn gewilde spreker by openbare geleenthede, en sy toesprake het altyd ʼn morele inslag gehad.

Nou vertel koerante dat sy reputasie aan flarde is omrede ʼn hele klomp vroue na vore gekom het en wat beweer dat hy hulle bedwelm en seksueel aangerand het. Net verlede maand is die eertydse sportheld Bob Hewitt skuldig bevind dat hy meer as 30 jaar gelede twee meisies verkrag het. Ek hoef nie eers die name van ʼn klomp ander helde te noem wat in die onlangse verlede getoon het dat hulle voete van klei het nie.

Mense stel ʼn mens gou teleur. Daarom dat die Psalmdigter skryf:
Moenie op magtiges vertrou nie, nie op ’n mens nie;  hy kan jou nie red nie. Sy asem verlaat hom, hy word weer grond en sy planne is daarmee heen.  Dit gaan goed met die mens wat sy hulp van die God van Jakob ontvang, die mens wie se hoop gevestig is op die Here, sy God.  Die Here het die hemel en die aarde gemaak, die see en alles daarin. Hy bly vir altyd getrou (Ps. 146:3-6).

Moenie jou hoop op mense bou nie. Bou dit op God. Hy is getrou!

DEEL
Vorige artikel’n Kerk waar eens ’n sjebeen was
Volgende artikelKagiso Rabida
Hennie Stander
Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog.