Mevrou Doeminie is doodtevrede

Ek lees op die sosiale media oor hoe mense kla oor die jaar wat agter lê. Hoe hulle uitsien na 2018 wat ’n beter jaar gaan wees as 2017 wat hulle met ’n snik van verligting agterlaat.

Ek verstaan heeltemal want ek is gebore onder daardie Vis-sterreteken wat maak dat ek woes groot kan droom (onrealisties, eintlik) en ook maak dat ek lekker myself kan bejammer wanneer dinge verkeerd loop. Ek is net so teleurgesteld in baie dinge soos vriende wat ’n mens teleurstel, verwagtinge wat nie aan voldoen is nie, drome wat aan skerwe lê en geldsake wat nie lekker uitwerk nie. Dan sou my pa my as kind vertel daar is altyd iemand met wie dit slegter gaan. Ja, sowaar.

Nog ’n ding: Wanneer ek my pa met groot drome vra wat is sy grootste wens, dan sou hy ewe realisties sê: Om gesond te wees. Regtig? Geen kind wil dit hoor nie. Ek wou hoor dat wanneer daardie Genie uit die lampie spring en jou drie wense gee, dit moet wees: 1) Al die geld en 2) al die lekkergoed in die wêreld; 3) en nog so baie wense as wat ’n mens kan kry. Vandag besef ek met my pa se wysheid, na ’n 2017 van so baie mense om my wat vriende, kinders of ouers aan die dood afgestaan het, van mense wat hul gesondheid verloor het, dat daar net een ware wens is vir jouself vir 2018: Gesondheid. Vir jou en geliefdes. Mag 2018 vir julle elkeen so wees.

Vorige artikelMy beiteltjie
Volgende artikelIs perfeksionisme sleg?
Blogger - René van Zyl
René van Zyl is 'n oud-joernalis, skrywer (boeke, teater), blogger en kinderwerker. Sy skryf hoofsaaklik lekker interaktiewe kinderkerk materiaal, wat die Bybel van voor tot agter met geheueptrente of speletjies deurwerk. René is 'n regterbrein, buite-die-boks denker; getroud met 'n net so buite-die-boks predikant, Anton. Hulle het twee dogters, Michelle (21) en Chantal (18) en ’n breingestremde seun, Sean-Jacques (23). Hulle lang pad van trane, lag en genade het haar geleer om die lewe en sy reëls nie so ernstig op te neem nie. www.renevanzyl.blogspot.com www.bybelboekwurm.blogspot.com