Mieliemeelkoekies

Mieliemeelkoekies.jpg

Lewer 12-15 koekies.

Lewer 12-15 koekies

BESTANDDELE

• olie vir diepbraai
• 250 ml mieliemeel; polenta kan ook werk
• 250 ml koekmeel
• 5 ml bakpoeier
• 2,5 ml sout
• 1 ui, geskil en fyn gerasper
• 1 eier
• genoeg melk om ’n beslag te vorm

METODE

1 Verhit die olie in ’n kastrol.
2 Meng al die bestanddele saam tot ’n skepbare beslag.
3 Skep lepels vol van die deeg in die warm olie en braai tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier en sit voor.

WENK
Die vetkoekies is heerlik vir ontbyt. Sit dit voor met groenvye en ’n sterk kaas soos cheddar- of selfs bloukaas.

 

Resep is saamgestel uit Maklike maaltye uit Nina se kombuis deur Nina Timm, uitgegee deur Penguin House South Africa.