moenie jou emosies weg eet nie

0
21
gevoelens.jpg

Wie van ons verstaan nie almal baie goed hoe dit voel om jou hartseer of frustrasie met kos reg te maak nie? Dit is nie die antwoord nie!

In elkeen se lewe is daar onbeplande dinge wat gebeur. Dit kan soms só swaar wees dat jy nie seker is of jy sal kan aangaan nie. Daardie tye wat dit vir jou voel of jou binnewêreld gaan ontplof. Die emosies en gevoelens wat in jou diepste so groot en swaar is moet uitkom!

Dit is wanneer kos vir baie die enigste uitlaatklep is. Uiteindelik word die draai na kos ’n patroon want jy weet dit is ’n manier om beter te voel. Die grootste stap om beheer hieroor te kry, is om te besef dat jy kos as ’n verplasing van jou emosies gebruik. So begin die pad na herstel.