moenie jouself uithonger en straf nie

0
14
eet_gesond.jpg

Om jouself skielik te ontneem van allerhande kos kan meer kwaad doen as goed. Pas eerder jou dieet geleidelik aan.

Baie mense ontneem hulself van ’n klomp kos en eet heeltemal te min teenoor hoeveel hulle liggaam nodig het om homself in stand te hou. Uiteindelik en een of ander tyd verloor hulle beheer en binge. Dit gebeur nie omdat jy nie genoeg self-dissipline het nie, maar omdat jou liggaam fisies en sielkundig uitgehonger is.

Jy skree eintlik vir petrol (kos) om te kan funksioneer. Dit is baie beter om jou inname van kos met net 20% te verminder en met 20% gesonder te maak. Eet eerder gereeld en af en toe ook iets lekker, as wat jy jouself totaal uithonger en ontneem. Pas die program elke maand of twee weer aan maar net met 10%.