Moenie ‘n klaagpot wees nie

0
68

Ek lees netnou dat Pous Francis op die deur van sy suite in die Vatikaanstad ‘n bordjie gehang het wat sê “No Whining”.

Ek lees netnou dat Pous Francis op die deur van sy suite in die Vatikaanstad ‘n bordjie gehang het wat sê “No Whining”.

Daar staan dan verder geskryf: “The penalty is doubled if the violation take place in the presence of children. To get the best out of yourself, concentrate on your potential and not on your limitations." En heel onderaan die bordjie staan: “Stop complaining and take steps to improve your life". Blykbaar het ‘n selfhelp-sielkundige, Salvo Noe, hierdie bordjie vir die Pous gegee, en hy het toe besluit om dit teen sy deur op te hang.

Ek moet sê, dit is nie slegte raad nie. Die Pous word blykbaar juis oorval met mense wat by hom oor allerhande goed kom kla.

Dit laat my dink aan Paulus se raad aan die gemeente te Filippense: “...werk julle eie heil uit met vrees en bewing; ...Doen alles sonder murmurering en teëspraak"  (Filippense 2:12–14).

lyn_3.png

Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog (www.henniestander.co.za).

Dit lyk deesdae of niemand meer glo nie. En diegene wat wel leef vanuit ’n verhouding met hulle Skepper, raak skaam om dit te sê. Nie Hennie nie! In Hoekom ek nog glo vertel hy uit sy eie lewe van die werklikheid wat die Here vir hom is. Hy getuig van groot en klein wonderwerke, maar veral van sy Verlosser. Bestel hierdie boek in sekondes by voelgoedwinkel.co.za en lees dit in een dag deur … Dit sal jou geloof  lewenslank versterk.