Mokka-Franse roosterbrood

670

5 min. + gaarmaak 10 min. 2 mense

BESTANDDELE

1 t olyfolie
4 snye 100% rogbrood of ander brood Vir die eiermengsel
6 eiers
1 t woestynsout of pienk sout
2 t karamelgeursel
2 t rou kakao, opgehoop

Vir die sous

1 k onversoete amandelmelk
2 t koffie, opgehoop, of 2 skote espresso
½ t sout
2 e rou heuning
2 e amandelneutbotter, opgehoop

Vir opdiening

Amandelneutbotter Piesangskywe Bloubessies of ander bessievrugte Amandelskaafsels Koffiebone of -poeier

METODE

1  Eiermengsel: Klits die eier en voeg die sout, geursel en rou kakao  by.
2  Week die snye brood in die eier totdat dit deeglik bedek is aan beide kante.
3  Voorverhit ’n pan met olyfolie.
4  Braai die snye brood aan beide kante tot gaar en bros.
5  Maak die sous deur al die bestanddele in ’n pan te meng en te verhit tot verdik.
6  Smeer die snye brood met amandelneutbotter en plaas piesangskywe bo-op.
7  Bedruip met sous en garneer met bessies, amandelskaafsels en koffie

Izelle HoffmannIzelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.