Molle in my tuin!

0
95
molle_tuin.jpg

Moenie toelaat dat molle hierdie lente jou lewe en tuin omkrap nie!

Molle self rig nie werklik skade aan in jou tuin nie, maar die molshope kan baie lelik lyk en irriterend wees. Omdat hulle nie skadelik is nie, is baie mense gekant daarteen om molle dood te maak en stel voor dat jy maar net die molshope plat hark en verder ignoreer. Hulle tonnels kan egter die wortelstelsels van sommige plante beïnvloed.

As jy wil hê jou molle moet liewers wegbeweeg, sny meer gereeld gras en laat jou kinders baie buite speel. Dit mag die molle dalk dwing om te trek. Verder kan jy ook van daardie klein windwaaiertjies (pinwheels) plek-plek in jou tuin installeer. Daar word beweer dat die molle nie die vibrasies daarvan kan verduur nie.