Mooi met muurpapier

0
440
hertex_muurpapier.jpg

Lus vir iets nuuts en vars maar nie seker waar om te begin nie? Muurpapier is weer groot nuus en die ontwerpe sal jou van oor tot oor laat glimlag!

Gedink dis net agtergrond? Jy is reg en juis daarom is dit so belangrik. Jou agtergrond gee kontras en konteks. Dit skep ook die atmosfeer van ’n vertrek en bind die dekor tot ’n geheel. Jy het dalk pragtige meubels, maar niks sal die styl wat jy begeer, voltooi soos die regte muurpapier nie. Dit kan ’n vertrek koeler, warmer, meer opwindend of meer klassiek laat voel. Dit kan donker vertrekke ophelder en lewe gee aan vervelige areas. Dít is hoekom muurpapier so wonderlik is.

Dit vorm die basis van jou huis se styl en voorkoms. Hertex het presies die ontwerp waarna jy soek.

Besoek www.hertex.co.za.