Mooi middellyf

0
32
maag.jpg

Ferm maagspiere verbeter jou postuur en voorkom laerugprobleme. Oefening 1 en 2 is gemik op die spiere aan die kant van die maag wat diagonaal na onder loop en die kurwe van jou middellyf vorm.

Oefening 1

Sit op die vloer met jou bene wyd oop. Hou jou rug regop en maag ingetrek. Plaas jou linkerhand op jou linkerbobeen. Draai jou bolyf na links, leun vooroor vanuit die middellyf en strek jou regterarm na jou linkervoet uit. Keer terug na die beginposisie sodat jou skouers weer vorentoe wys. Doen 20 na R en 20 na L en dan een R een L vir 20.

Oefening 2

Lê op jou rug met jou Regtervoet op ‘n stoel (knie gebuig). Kruis jou Linkervoet oor jou regterknie. Hou jou hande agter jou kop. Lig jou regter skouer skuins op in die rigting van jou linkerknie. Laat sak weer tot beginposisie. Doen 15 -20 Regs en herhaal na Links.