mooi van Agter

0
35
agter.jpg

’n Mooi ferm sitvlak is sekerlik elke vrou se begeerte en doelwit.

Dit gebeur egter dikwels dat ’n mens tot jou skok agterkom dat dit wat jy tot onlangs nog as ’n taamlike aanvaarbare agterstewe beskou het, skielik in ’n hangende sak verander het.

Wenke vir ’n aantreklike sitvlak:

  1. Doen elke dag ’n paar oefeninge vir jou agterstewe. Oefeninge sal jou boudspiere ferm maak en mooi vorm. Sterk boudspiere maak ook ’n verskil aan jou liggaamshouding deurdat dit jou liggaam help om regop te bly.
  2. Moenie elke dag dieselfde boudoefeninge doen nie. Omdat elke oefening die betrokke spier op ’n ander wyse oefen, moet oefeninge gereeld afgewissel word.
  3. Gereelde massering bevorder die bloedsomloop, wat noodsaaklik is om van die selluliet op die boude ontslae te raak.
     

 Boud- en bobeenoefening:

Oefen speel-speel saam met jou kinders! Laat jou kind op ’n sagte matjie lê wat jy speel-speel deur die huis trek. Loop agteruit met jou bene amper 90 grade gebuig.

 Linda Kriel Prinsloo