Mooier op ’n knap begroting

0
14
begroting_0.jpg

Na die Kerstyd moet jy sente omdraai. Selfs met ’n knap begroting kan jy steeds fantasties lyk!

As ek my rekeninge en velsorg betaal het, het ek R150 oor! Hoe lyk ek mooi wanneer my begroting duskant broekskeur draai? – Marlise

Alhoewel dit moeilik is om met R150 ’n skoonheidsroetine te handhaaf, is dit moontlik. Jy sal egter jou produkte die eerste maand op rekening moet koop of aanvanklik ’n paar rand moet leen.

Dink aan jou uitgawe vir grimering in terme van koste per gebruik. Elkeen van jou produkte behoort minstens drie maande te hou, en blosser ’n bietjie langer. Dit beteken dat jy met ongeveer R350 se grimering jou gesig elke dag vir drie maande kan opmaak. Dit kos jou dus minder as R120 elke maand om jou hele gesig te grimeer. So bly jy binne jou begroting.

JOU VEL
Koop een produk in plaas van vier. BB-room is ’n vogroom, sonskerm, serum en onderlaag, alles in een produk. Jy hoef dit net soggens aan te smeer in plaas van om ’n omslagtige roetine te volg. Jou gesig sal ook nie taai voel soos wanneer jy vier verskillende lae kosmetiese rome aangesmeer het nie.bb_cream.png
Sorbet BB Cream SPF 15, 50 ml (R100) verkrygbaar by Clicks.
Dit behoort jou 3 maande te hou, en kos dus R33 per maand.

JOU GELAATSKLEUR
Bekostigbaarheid beteken niks as jou skoonheidsprodukte nie resultate lewer nie. Grimering moet dus ’n duidelike kleurpigment hê. Die kleur wat jy in die houertjie sien, is die kleur wat jy op jou vel behoort te kry van die eerste aanwending af. Heelwat bekostigbare grimeerreekse lewer deesdae resultate wat vergelykbaar is met luukse handelsmerke wat drie keer meer kos.blos.png
Wet n Wild Color Icon Blusher in Berry Shimmer (R65) verkrygbaar by uitgesoekte Clicks-winkels
Dit behoort jou 5 maande se gebruik te gee en kos R13 per maand.

JOU OË
Die maklikste manier om baie variasies van grimeerstyle op ’n bekostigbare manier te kry is om ’n palet met veelvuldige kleure daarin te koop. Kies een met ses of meer skakerings. Neutrale grimeerkleure lyk nie so opwindend nie, maar dit is baie makliker om aardse kleure te meng en pas as wat dit is om jou gesig met helder en bont kleure op te maak.maskara_0.png
Essence Multi Action Mascara (R48), verkrygbaar by Dis-Chem en Clicks.
Moenie maskara langer as 3 maande gebruik nie; R16 per maand
oogskadu.jpgCharlie 8 Pan Eyeshadow Palette in Neutrals (R100), verkrygbaar by kettingwinkels.
Die oogskadu behoort 3 maande te hou en kos dus R33 per maand

JOU MOND
Jy kan lipstiffie as roomblosser en roomblosser as ’n lipstiffie gebruik. Sodoende hoef jy net een produk te koop. Lipstiffie en blosser is pasmaats en moet in dieselfde kleurfamilie wees. Deur een produk te gebruik spaar jy jouself die soektog na ’n blosser wat dieselfde kleurintensiteit as jou lipstiffie het of andersom. Skep ’n bietjie lipkleur met die punt van jou ringvinger van die lipstiffie af en skakeer dit op jou wange.
lipstiffie_0.pngRalo Cosmetics Ultra Thin Lipstick in Dusty Pink (R40), verkrygbaar by Ralo-winkels landswyd. Skakel 021 949 5534 om uit te vind waar jou naaste tak is.
Die meeste vroue kry ongeveer 4 maande se gebruik uit ’n lipstiffie, dus kos dit R10 per maand

Totale bedrag vir grimering = R353 eenmalig (R105 per maand )

Lees meer: Jy mors jou skoonheidsprodukte!

Geskryf deur Ryno Mulder