Mooimaakgoed: meer skade as goed?

0
37
skoonheidsmiddels.jpg

Jy lees iets afgrysliks oor jou gunstelingskoonheidsproduk. Jou maag is op ’n knop. Kan dit waar wees?

Dit kan verskyn as ’n epos. Of op Facebook. Of ’n vriendin of kollega vertel jou dit met groot oë oor ’n koppie tee. Dis die verhaal van iets allerverskrikliks wat met iemand gebeur het nadat sy ’n skoonheidsbehandeling gehad het. En ’n waarskuwing dat jy die behandeling moet vermy en die brokkie inligting moet deel met almal vir wie jy omgee.

Dit stem jou onrustig. Jy gebruik self so ’n produk of het al so ’n behandeling ondergaan. Moet jy die produk weggooi en jou volgende afspraak by die salon kanselleer? Maar dalk is dit net ʼn bangmaakstorie? Die moderne vrou se urban legend? Gerugte oor riskante skoonheidsmiddels dra by tot jou reeds stresbelaaide lewe. Dit is moeilik om te weet wat die waarheid is in ons deel-nou-en-dink-later sosialemediakultuur is. Daarom het ons topkundiges op hulle gebied gaan uitvra sodat jy nie onnodig bekommerd hoef te wees nie. En dit is iets wat ons almal like!

“Jy kan ’n lewensgevaarlike allergie vir bokshaarkleur kry.”

DIE WAARHEID Aktrise Pauley Perrette van die TV-reeks NCIS het foto’s op Twitter geplaas toe sy in die hospitaal beland het. Die oorsaak van haar geswelde gesig? Die boksiekleur wat sy al twintig jaar gebruik. Alhoewel sy maande voor die insident uitgeslaan het, het sy die simptome bly ignoreer. PPD is die bestanddeel in haarkleur wat dit veroorsaak het.Herbatint.png

Sean Swanepoel, opleidingsbestuurder by Redken, benadruk hoe belangrik velsensitiwiteitstoetse is. “Doen die toets twee dae voordat jy jou hare kleur. Wend kleursel op ’n area naby jou haarlyn, agter jou oor, aan. As jy rooiheid, jeukerigheid of swelling ondervind, spoel dit af met lou water en moenie dit gebruik nie.”

’n Tuishaarkleur soos Herbatint (R140), verkrygbaar by uitgesoekte apteke en gesondheidswinkels, bevat ’n lae konsentrasie PPD. Skakel 011 483 1916 vir jou naaste verskaffer.

“Die effektiefste pigmentasiemiddel kan donker velvlekke donkerder maak.”

DIE WAARHEID “Daar is bewys dat hidrokinoon (hydroquinone) sitotoksies is. Dit beteken dit veroorsaak selskade en is daarom oorsee lankal verban.” So sê dr. neoretin.pngMark Opperman, estetiese praktisyn van Sandton. “Tog kom dit nog in produkte voor. Indien dit deur ’n bekwame dermatoloog of estetiese praktisyn voorgeskryf word, kan dit vir ’n kort tydperk op klein areas gebruik word. Dit beteken nie langer as drie maande nie en op nie meer as tien persent van jou gesig nie. Dan sal dit pigmentasievlekke dramaties verlig. Een van die newe-effekte van misbruik is egter permanente velverdonkering.”

Daar is hoop vir persone met pigmentasie. Nuwe produkte soos Neoretin lewer beter resultate as hidrokinien. Dis veilig vir langtermyngebruik en is deur die Amerikaanse, Europese en Suid-Afrikaanse medisynebeheerrade goedgekeur.

Neoretin Serum en Gelcream SPF 50 (R750 elk), verkrygbaar by estetiese klinieke, dermatoloë en plastiese snydokters, moet saam gebruik word.

“Die Brazilian blowdry wat jou hare reguit maak, kan kanker veroorsaak.”

DIE WAARHEID Dr. Riekie Smit, estetiese praktisyn van Pretoria, sê: “Die nuwe haarmiddels bevat kleiner hoeveelhede van die kankerwekkende bestanddeel formaldehied. Ek glo die gevaar is groter vir jou haarstilis wat daagliks daaraan blootgestel word as vir die kliënt wat dit dalk vier maal per jaar laat doen. Ek weier dat my haarkapper die behandeling op my doen sonder dat sy ’n gesigsmasker dra.”

“Jou jelmanikuur by die skoonheidsalon kan jou velskade gee.”

DIE WAARHEID Dr. Riekie Smit bevestig dat dit nie ’n onnodige bohaai is nie. “Daar ís navorsing wat toon dat vroue wat gereeld naelbehandelings ontvang, nou velkanker op hulle hande ontwikkel.” Maar dit het nie met die jel self te doen nie. “Dit is weens die verhoogde UV-bestraling as gevolg van die liggie waarmee jou jelnaels drooggemaak word. So, smeer sonskerm aan voor jou naeltegnikus die UV-lig aanskakel om die jel hard te maak.”gel_lac_nails.png

Of doen self ’n manikuur by die huis met Yardley Gel Lac Nails (R80), by kettingwinkels. Omdat daar geen gesukkel met UV-ligte is nie, bly jou vel gesond. Onthou om steeds sonskerm aan jou hande te smeer. Buiten jou gesig is jou hande die mees blootgestelde deel van jou lyf.

“Die nuwe generasie sonskerms is so gevaarlik soos onbeskermde sonblootstelling.”

DIE WAARHEID Die feit is dat chemiese sonskerms met bestanddele soos oxybenzone nie die gesondste opsie of die beste sonbeskerming is nie. Hierdie sonskerms is egter gewild, want dis onsigbaar op jou vel. dr_gobac_sunscreen.pngDit los nie die tipiese taai laag op jou vel nie. Dr. Robert Gobac, wat sy eie velsorgreeks het, is gekant daarteen. “Kankernavorsing hieroor bly omstrede, maar die feit is dat chemiese sonskerm nie jou beste vriendin is nie.

“Daarteenoor is sogenaamde fisiese sonskerms, soos in die Gobac-reeks, aansienlik veiliger,” beklemtoon hy. ’n Fisiese sonskerm is een wat bestanddele soos sink bevat, wat skadelike ligstrale weg van jou vel af weerkaats. Maar die wit deklaag by sonskermroom wat sink bevat, is iets van die verlede. Jy kan nou sonbeskerming geniet sonder dat dit lelik lyk op jou vel.

Dr Gobac Sunscreen SPF 25 (R350) is verkrygbaar by Placécol-salonne, Edgars en spa’s. Dit bevat geen chemiese sonfilter nie en bestaan uit sink, vitamien C en alg-ekstrak, wat jou teen UVA- en UVB-strale beskerm.

“Kan ’n akneemiddel iemand selfmoordgedagtes gee?”

DIE WAARHEID Isotretinoïen, die bestanddeel in akneemiddels soos Roaccutane, wat jy slegs op voorskrif kry, het ’n magdom newe-effekte. Dr. Mark Opperman, estetiese praktisyn van Sandton, sê: “Depressie kom by tot 11% van pasiënte voor. En daar is gevalle van selfmoord wat met die gebruik van OptiSolve.pngisotretinoïen geassosieer word. Daarom gebruik ek ’n kombinasie van verskillende behandelings in my praktyk. Oppervlakkige chemiese afskilfering met vrugtesure en ligterapie is die kern daarvan. Daarmee saam skryf ek velvoedende aanvullings en velsorgprodukte voor. Indien nodig, gee ek ’n voorskrif vir tetrasiklien. Dit werk uitstekend vir pasiënte van alle ouderdomme.”

Probeer Annique Forever Healthy OptiSolve (R99 vir 30 kapsules), verkrygbaar by Annique-konsultante. Dit bevat vitamien A en sink, wat beide aknee beveg en nodig is om jou vel gesond te hou.

Geskryf deur Ryno Mulder