Moria sê lag laat haar goed voel

0
200
Moria_Sewald_maatband.jpg

Wetenskaplikes het al baie toetse gedoen en die resultate stem ooreen: om af te voel, of selfs woede, is dikwels die snellers vir ernstige siektes soos hartsiektes en beroerte.

’n Jaar gelede het ek as aanbieder vir die program Maatband vir lagterapie gegaan. Dit was ’n ervaring! Geen grappies word tydens die sessie vertel nie. Daar is geen komedie nie. En dan moet jy sit en lag vir geen rede nie! Eers is dit ’n selfbewuste, vals laggie. Almal sit en kyk vir mekaar en voel sommer ongemaklik. Daarna begin ’n mens vir mekaar te lag. Ek het vir ’n halfuur lank gesit en lag vir die vreemde mense om my en eintlik vir … niks! Vir buitestaanders moes dit baie vreemd gelyk het.

Dit het my ’n paar dinge geleer:

Ek voel soos ’n veertjie na ek gelag het

Daar is niks wat ’n mens so lig laat voel soos lag nie. Dis asof al jou sorge saam met die gelaggery by jou maag uit verdwyn. Ja, die sorge gaan weer terugkom. Maar vir ’n oomblik voel jy vry, nes ’n kind. Ek gebruik ook Gaba, ’n aanvulling wat jou lekker laat voel en jou help om elke dag se uitdagings te hanteer. Patrick Holford se Mood Food, R210, bevat onder meer Gaba.

Lag sit stres op sy plek

Die een ding wat lagterapie my geleer het, is dat jy stres kan weg lag. Ek probeer om nie die lewe so ernstig op te neem nie. Maar almal stres tog op een of ander stadium. Dit kan ’n mens onderkry en gou weet jy nie of jy kom of gaan nie. As ek gestres voel, trek ek vir myself gesigte in die spieël of ek dans rond totdat ek beter voel. Probeer ook Dischem Gold L-Tyrosine, R160, wat jou ontspanne laat voel en jou help om die uitwerking van stres teen te werk.

As dinge sleg gaan, kan jy steeds lag

Toe ek 28 jaar oud was het die maatskappy waarvoor ek gewerk het toe gemaak. Ons almal het binne ’n week uitgevind ons is werkloos. Dit is regtig nie lekker om te sien hoe almal rondskarrel na sulke nuus nie. Soms werk dinge nie uit nie. Dis nie lekker nie, maar ek hanteer dit deur te lag. More is gister se probleme ook iets van die verlede.

Lag laat jou goed voel, verlaag jou bloeddruk en verminder stres. Is dit dan nou nie ’n rede om te lag nie?