Mosie van wantroue

680

Die hele land is in afwagting van wat môre (Dinsdag) gaan gebeur wanneer daar in die parlement oor ‘n mosie van wantroue in president Zuma gestem gaan word.

Die hele land is in afwagting van wat môre (Dinsdag) gaan gebeur wanneer daar in die parlement oor ‘n mosie van wantroue in president Zuma gestem gaan word.

Die uitslag (wat ook al die uitslag gaan wees) gaan bepalend wees vir wat verder in ons land gaan gebeur.

Daar is eintlik bitter min wat ons kan doen, behalwe om in optogte te loop, want ons kan nie stem nie. Maar ons kan ook bid, en ons moet inderdaad bid. God hoor en verhoor ons gebede.
Ons lees in Openbaring 8:3-4 dat die gebede van gelowiges is soos aangename wierook voor God:

’n Ander engel het toe gekom en by die altaar gaan staan met ’n goue wierookbak. Daar is baie wierook aan hom gegee om dit saam met die gebede van al die gelowiges op die goue altaar voor die troon te offer. Die rook van die wierook wat deur die engel geoffer is, het saam met die gebede van die gelowiges opgestyg voor God. (Re 8:3–4).

Kom ons tree hierdie week in vir ons land!

lyn_3.png

Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog (www.henniestander.co.za).

Dit lyk deesdae of niemand meer glo nie. En diegene wat wel leef vanuit ’n verhouding met hulle Skepper, raak skaam om dit te sê. Nie Hennie nie! In Hoekom ek nog glo vertel hy uit sy eie lewe van die werklikheid wat die Here vir hom is. Hy getuig van groot en klein wonderwerke, maar veral van sy Verlosser. Bestel hierdie boek in sekondes by voelgoedwinkel.co.za en lees dit in een dag deur … Dit sal jou geloof  lewenslank versterk.