Murgpampoentjie-carbonara

1272
carbonara resep

Lewer 4-6 porsies.

BESTANDDELE:

3 pakkies murgpampoentjies
2 knoffelhuisies, gekneus
250 g repiespek, gesnipper
3 eiers
1 eiergeel
125 g room
125 g parmesaankaas, en ekstra vir garnering
30 ml gekapte pietersielie
sout en swartpeper na smaak

METODE:

1. Sny die murgpampoentjies met ’n groenteskiller.
2. Braai die knoffel en spek tot bros.
3. Voeg die murgpampoentjies by en braai vir 1 minuut.
4. Klits die eiers en eiergeel, room, parmesaankaas en pietersielie saam in ’n mengbak en geur met sout en peper na smaak.
5. Voeg die eiermengsel by die murgpampoentjiemengsel. Die hitte van die murgpampoentjies sal die eier gaarmaak en ’n heerlike roomsous vorm.
6. Giet in ’n opdienbak, garneer met parmesaankaas en sit dadelik voor.