My Pop

As klein dogtertjie wou ek baie graag ‘n mooi spesiaale pop gehad het.

Maar ons was ‘n paar kinders in die huis en my pa moes hard werk en was maar net ‘n padmaker van beroep daar was nie geld vir duur speelgoed.

Elke begin van Desember het my pappie met ‘n speelgoed katalogis by die huis gekom,want sy werk het elke jaar ‘n kersboom gegee en die geld van die geskenke was van sy salaris afgetrek deur die jaar. Dan het ons klompie kinders om die tafel in die kombuis gaan sit en begin geskenke kies.

Maar ons het net ‘n sekere gedeelte gehad waaruit ons kon kies, want Pappie se salaris was nie so groot soos dié bo hom nie. By die kersboom het ek die ander dogtertjies se pragtige poppe bewonder en my geskenkies by die huis gaan oop maak” maar ek moet sê ek het nog vandag van die geskenkies veilig bewaar.

So het die tyd verby gesnel en op 21st Maart het ons Hemelse Pappa vir my die aller mooiste Pop gegee,  geen geld kan haar koop nie en waarde kan aan my geskenkie gemeet word die dag toe hulle haar in my arms neer lê nie.  En my aarse Pappie was saam met my bly oor my regte egte pop en Pappie het die voorreg gehad om my Poppie ‘n jaar te kon ken voor hy ook na Ons Hemelse Pa toe verhuis het.

En 29jr later het my Poppie ‘n pratige bruid geword.

Sien ons Hemelse vader weet wanneer ons wat nodig het in ons lewe al verstaan ons dit nie altyd op daai oomblik nie, maar later besef ons tog die waaroms en hoekoms in ons lewe. Ons Hemelse Vader voor sien in elkeen se behoefte van Sy kinders van die dag van geboorte af.

Vorige artikelMoenie deur goddeloosheid beïnvloed word nie
Volgende artikelHygend hert!
Blogger - Lalie Kiesling
Ek is 52jr en ek moet sê, ek was nooit op skool goed met opstelle en sulke goed nie. My ma moes maar altyd inspring en help. Maar soos die tyd aangestap het, het ek al hoe meer gedagtes gekry, meestal oor geloof. Ek weet nie of dit ‘n gedagte is of deur die Heilige Gees aan my gegee is om met mense te kan deel nie? Ek het begin om my briefies aan Leef, Finesse en Keur tydskrifte te stuur, want ek wou so graag die gedagtes met iemand deel. Ek weet dat hulle nie altyd jou goed in die tydskrif kan plaas nie, maar ek het darem ‘n paar geskenkies gekry vir die beste brief. Maar dis nie vir my belangrik nie. Net die idee dat iemand dit kan lees en dalk daaruit iets vir hulself kan vat is vir my belangrik.