My werk is my vreugde

0
45

Spreuke 31:15 en 17 sê van die knap vrou: Sy staan op as dit nog nag is … Sy pak die werk aan met krag, haar hande staan vir niks verkeerd nie.

Dit is nie aan die mens self te danke dat hy … onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet nie … dit (is) ’n gawe uit die hand van God (Pred. 2:24).

Spreuke 31:15 en 17 sê van die knap vrou: Sy staan op as dit nog nag is … Sy pak die werk aan met krag, haar hande staan vir niks verkeerd nie.

Al is ek nie so wonderlik soos die Spreukevrou nie, is dit tog vir my lekker om hard te werk. Om soggens vroeg al op pad te wees. Wanneer ek dan so ry en dink aan die opwinding van ’n nuwe dag met nuwe moontlikhede, wonder ek dikwels hoe dit sou gewees het as ek getroud was en my man my passie vir my werk dalk nie verstaan het nie.

Hoeveel keer is daar dalk struweling wanneer ’n vrou vroeg moet uitgaan vir haar werk of dalk iewers moet oorslaap vir ’n vroeë vergadering? En skielik is ek bly en dankbaar dat ek enkelvrou is. Dat ek kan kom en gaan soos ek wil en alles kan geniet, beleef en doen.

Ek besef dat my lewe en my werk ’n gawe uit die Here se hand is, iets wat ek moet koester en geniet. My werk wat vir my lekker is, maak my lewe ’n fees. Ek verstaan dat om vreugde te vind in my werk ook ’n gawe van God is. En ek besluit opnuut om dit nou te geniet, voluit te leef en alles met oorgawe te doen!

Skryf op jou hart dat elke dag die beste dag van die jaar is. – Ralph Waldo Emerson

 

 

DEEL
Vorige artikel22. Is gesond eet te duur?
Volgende artikel24. Proteïene: Is meer beter?
This is the "wpengine" admin user that our staff uses to gain access to your admin area to provide support and troubleshooting. It can only be accessed by a button in our secure log that auto generates a password and dumps that password after the staff member has logged in. We have taken extreme measures to ensure that our own user is not going to be misused to harm any of our clients sites.