‘n Boek wat my lewe verander het

1327
boeke.jpg

Die 88-jarige Robert M. Pirsig is Maandag in Amerika oorlede. Hy was ‘n baie bekende skrywer.

Die 88-jarige Robert M. Pirsig is Maandag in Amerika oorlede. Hy was ‘n baie bekende skrywer.

Ek lees toe gister ʼn berig in die koerant van iemand wat vertel dat een van Pirsig se boeke sy lewe onherroeplik verander het. Heel toevallig was ek Saterdag by ʼn byeenkoms waar die spreker ook vertel het hoe ʼn boek wat in haar standerd 9 jaar aan haar gegee is, ook haar lewe onherroeplik verander het. Hierdie boek het op die ou einde haar gelei om die beroep te kies waarin sy haar nou bevind.

Goeie boeke kan inderdaad ʼn mens se lewe verander. Boeke verryk ʼn mens se lewe. Wanneer laas het jy ʼn goeie boek gelees?

Johannes 21:25 sê “Daar is nog baie ander dinge wat Jesus gedoen het. Maar as dit een vir een beskrywe moet word, dink ek, sou die hele wêreld nie genoeg plek vir die boeke hê nie.”

Geen boek in die wêreld kan alles beskryf wat Jesus vir ons gedoen het nie. Tog kan ons dit in een kort sinnetjie opsom: Jesus het ons gebroke verhouding met God weer herstel!

lyn_3.png

Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog (www.henniestander.co.za).

Dit lyk deesdae of niemand meer glo nie. En diegene wat wel leef vanuit ’n verhouding met hulle Skepper, raak skaam om dit te sê. Nie Hennie nie! In Hoekom ek nog glo vertel hy uit sy eie lewe van die werklikheid wat die Here vir hom is. Hy getuig van groot en klein wonderwerke, maar veral van sy Verlosser. Bestel hierdie boek in sekondes by voelgoedwinkel.co.za en lees dit in een dag deur … Dit sal jou geloof  lewenslank versterk.