‘n Brug is nie vir bly nie

Van Staden’s brug is ‘n legende hier in ons omgewing, maar nou nie soseer vir alles wat goed en mooi en reg is in ons wêreld vandag nie.

Want op hierdie brug van koue staal en kil beton kies mense om ‘n einde te maak aan hulle aardse bestaan. Volgens Wikipedia het 88 mense reeds daar na hul dood gespring.

Geen mens wat nog nie self op daardie donker plek was waar die dood na die enigste logiese alternatief gelyk het, sal weet hoe dit is om op daardie plek te wees nie. Wat presies so ‘n persoon as absolute Godsverlatenheid ervaar, sal jy net verstaan as jy self eers daar was.

Soms eindig mense op hulle Van Staden’s nie vanweë ander nie, maar as gevolg van hulle eie sondige keuses. En dan wonder ek of pleeg ons nie soms geestelike selfmoord nie? Wanneer ons willens en wetens onsself so totaal en al afstomp en isoleer van Goddelike inspraak en regstelling en versterking en bemesting dat ons eens gewillige plantjie kort voor lank in skadu’s van geel sneuwel nie?

Ons seerkry is ‘n realiteit. Ons gedurige afdraai op die verkeerde paadjies ook. Maar eerder as om ‘n manier te soek om heel te word en die rigting terug te kry na die beproefde pad, kies ons om lam te bly lê op die voorstoep van die Goeie Nuus Hospitaal.

Daar op Van Staden’s brug is duidelike rooi sperstrepe op die teer geverf. Híér mág jy nie stop nie.
Óf jy keer jouself voordat jy die area betree, óf jy hou verby en sorg dat jy anderkant uitkom.

John MacLaren skryf:

“Many of us know what it is to pass whole days,
and weeks, and years,
as practical atheists.
GOD is not in all our thoughts.”

En dít is wanneer ons pap wiele kry op daai brug.

In 2 Samuel 14 moes onse liewe Dawid ook tot sy sinne geroep word. Absalom wreek die lyfvergrype wat sy sussie, Tamar, moes verduur, maar in die proses verloor Dawid een van sy seuns. En sy hart word koud. Absalom moes vlug voor die wraakgedagtes van sy eie pa.

“David still felt so sad over the loss of Amnon
that he wanted to take his army there and capture Absalom.”
2 Samuel 13:39

Hoor nou die antwoord op Dawid se kliphart-mentaliteit:

“We each must die and disappear like water poured out on the ground.
But God doesn’t take our lives.
Instead, he figures out ways of bringing us back when we run away.”
2 Samuel 14:14

Ons is nie werd om Sy kinders genoem te word nie. As die wêreld om ons judge & jury was, sou ons elkeen elke dag van ons eie Van Staden’s af gehelp word.

Maar God vind vreugde in ons nabyheid. Dít is vir my feitlik ondenkbaar.

The Message vertaling verwoord my eie ervaring hiervan so mooi:

“God made my life complete
when I placed all the pieces before him.
When I got my act together,
he gave me a fresh start.”
Psalm 18:20 The Message

Al wat dit vra is dat ek my lewe vir Sy liefde verruil.

“His love is like ours,
delights in being returned like ours,
and is like ours in that it rejoices in presence
and knows a sense of loss in absence.”
John MacLaren

In 2013 kry Robbie Hift ‘n visie van die Here om teen die heuwel oorkant Van Staden’s brug ‘n 3-verdieping hoë kruis op te rig met hierdie woorde langsaan: JESUS LOVES YOU.

Wanneer jy jouself op jou eie Van Staden’s bevind, is my gebed dat jy ‘n stil-sterk stem sal hoor sê: “Kyk op! Sien! Tel jou goed op en loop…”

“It is not the perfection of our lives
but the direction of our lives
that provides proof of regeneration.”
John MacArthur

Vorige artikel10 Finansiële bekommernisse wat baie Suid-Afrikaners Raak
Volgende artikel[VIDEO] Hoe om vergenoeg te wees
Blogger - Maxie Heppell
Vir baie lank het my lewe nie regtig rigting gehad nie. 'n Gekompliseerde kindertyd, verkeerde keuses en dan die ongelukkige gevolge daarvan, het my gevange gehou. Tot daardie dag dat die Here Sy kind uit die modder opgetel en haar voete stewig op Vaste Rots laat land het. Psalm 40 bly tot vandag toe 'n groot favourite! Dit het my baie jare geneem om uit te kom by dit wat Hy nog altyd vir my lewe bedoel het. Maar nou is ek hier. En ek glo in God Drie-Enig, in die maagdelike geboorte, in Jesus aan 'n kruis, maar meer nog - aan die opgestane Jesus in my eie lewe. Ek glo dat Hy ons weer gaan kom haal en dat ek tot dan die Heilige Gees het wat my lei en my denke help vernuwe. In 2009 behaal ek my B.Th graad in teologie en sedertdien preek ek, praat ek en deel ek oral waar ek genooi word. Ek en my eerste liefde en ons langhaar-vierbeen meisiekinders bly tans op Jeffreysbaai in die Oos-Kaap en ons getuig gereeld: Die Here is nie net goed vir ons nie, Hy bederf vir ons!