’n Goeie kredietrekord

0
112

Skuld verhinder jou om te spaar en welvaart te skep. Aangesien dit egter ’n alledaagse verskynsel is, is dit belangrik dat jy ’n goeie kredietrekord opbou en dat jy weet wat jou krediettelling is.

’n Swak kredietrekord kan veroorsaak dat verdere aansoeke vir krediet afgekeur word en kan ook teen jou tel as jy aansoek doen vir werk.

Betaal jou paaiement voor die sperdatum, moenie enige betalings misloop nie en moenie minder betaal as die vereiste minimum paaiement nie.

Dit is jou verantwoordelikheid om betyds te betaal. Die feit dat jy nie ’n rekening gekry het nie, is nie ’n verskoning nie.

Moenie meer skuld aangaan as wat jy kan bekostig nie. Begroot ook vir ’n styging in rentekoerse. Sorg dat jy ná ’n rentekoersverhoging die hoër paaiement kan bekostig.

Kontant bly steeds koning, maar as jy wel skuld aangaan, gaan kyk gereeld op die amptelike webwerwe na jou kredietrekord.

Ronel Jooste, finansiële afrigter